NewsSchools

Ichthus Graad-R kuier by Charlies Superspar

'n Warm en hartlike dankie aan Charlies Superspar wat hul so welkom laat voel het.

Die Graad R-klas van Ichthus Christelike Skool het September 5 besoek afgelê by Charlies Superspar om bietjie meer te leer hoe dit in die groot winkel lyk en hoe dinge werk.

Met hul aankoms is hul hartlik deur die personeel van Superspar verwelkom en na die bakkery geneem waar die kinders vier oliebolle elk versier het. Hulle het nie dit verwag nie en die kinders het dit vreeslik geniet.

‘n Warm en hartlike dankie aan Charlies Superspar wat hul so welkom laat voel het.

In die woorde van Mej Groenewald, die graad R-onderwyseres, “Julle sal ons gou weer sien!”


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.  Add us on WhatsApp 071 277 1394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button