Kultuur is bobaas by eerste Eisteddfod

Dit het geskied Julie 23 tot 26 by Lucas Meyer Primêre Skool en was die eerste Eisteddfod van vele wat nog gaan kom.

Dinsdag was voordrag, gedigte, monoloë en redenaars.
Leerders van verskeie skole het deelgeneem en baie goed gevaar, en die beoordelaar was Alta de Kock.
Woensdag was kore en soliste.

Die kore wat deelgeneem het was: Karnallie Kleuterskool (goud, olv Carin Lombard), Lucas Meyer Primêre Skool (dubbel goud, olv Carin Lombard), Louwsburg Primary School (dubbel goud, olv Yolandi Meij) en Hoërskool Pionier (dubbel goud, olv Carin Lombard).

Daar was ongeveer 25 soliste wat aan hierdie kategorie deelgeneem het en Kainos Sangstudio se studente stap weg met vyf silwer, sewe goud, vyf dubbel goud en een trippel goud pryse.
Die beoordelaar was Marilda Schoembee.

“Daar is verseker lokale talent met engel stemme,” sê beoordelaars.

Donderdag en Vrydag was toegestaan aan die dans, met Candice Charman as beoordelaar. Stepping out Dance Academy loop weg met een silwer, 19 goud, 11 dubbel goud en drie trippel goud toekennings.

Unity Dance Studio ontvang vyf goud, ses dubbel goud en een trippel goud.

En Point Ballet Studio behaal een goud.

Vryheid Gymnastics Centre loop weg met drie goud en drie dubbel goud sertifikate. Daar was ook ‘n kuns afdeling waar die kinders hul kunswerke met beoordelaars gedeel het, en hierdie kunswerke was ook te siene gewees in die

Vryheid Biblioteek. Die beoordelaar was Bridget van Rensburg.

“Hierdie Eisteddfod bied leerders met hul unieke talente die geleentheid om met ander dit te deel. Ons leef in ‘n wereld waar sport bobaas trek, maar sonder kultuur kan geen nasie gekultiveerd wees nie. Kyk uit na volgende jaar waar ons dit weereens gaan aanpak.”

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version