NewsSchools

Nuwe gesigte by Lucas Meyer

"Ons is trots om personeel van hierdie kaliber by ons te verwelkom en ons wens hulle sukses toe met die taak op hande."

Dit is vir die skool baie aangenaam om twee nuwe personeellede by Lucas Meyer te verwelkom.

Annetjie Odendaal en Minicke Burger het by LMS aangesluit en beide gaan die onderrig van Graad 1-klasse waarneem.

“Ons is trots om personeel van hierdie kaliber by ons te verwelkom en ons wens hulle sukses toe met die taak op hande.”

LMS het ook die afgelope week totsiens gesê aan Rentia Pretorius. Sy het sedert 2014 uitsonderlike werk verrig, eers as voorskoolse onderwyseres en toe as Graad 1-onderwyseres. Sy was uiters bekwaam en het altyd net die beste in die klas vir die kinders gegee.

“Ons wens haar baie sterkte en sukses toe op haar pad vorentoe.”

Krieket: Die o-13B-span speel teen Risen Son Academy en kolf eerste. LMS teken 102 lopies vir die verlies van agt paaltjies in 20 beurte aan. Risen Son kolf tweede en word vir 62 lopies uitgehaal. Anco Opperman teken 54 lopies vir LMS aan.
Die o-11Bs speel teen NRS se A-span en teken 75 lopies in 20 beurte aan. NRS kolf tweede en steek LMS se totaal in die 15de beurt verby met die verlies van net een paaltjie.
Die o-11A-span speel teen Michaelis. LMS kolf eerste en teken 155 lopies aan vir die verlies van twee paaltjies in die toegelate 20 beurte. Josh Jordaan teken 71 lopies aan, nie uit nie. Michaelis word daarna almal uitgehaal nadat hulle 77 lopies aangeteken het.
Eisteddfod: Verskeie leerlinge het met onderskeiding aan die Abaqulusi Eisteddfod deelgeneem. Die LMS skoolkoor behaal dubbel-goud en vele ander leerlinge het in hul onderskeie items ook puik presteer. Dankie aan die organiseerders vir hierdie puik geleentheid waar leerlinge se talente ten toon gestel kon word.

LMS Gholfdag: Die gholfdag die afgelope naweek was ‘n groot sukses. Baie dankie aan die 108 spelers wat LMS ondersteun het, asook aan al die borge wat dit vir die spelers die moeitewerd gemaak het.
“Ons het groot waardering vir die Vryheid Country Club, wat hierdie geleentheid moontlik gemaak het en aan Hennie Venter en Adéle Richter wat al die reëlings op hulle geneem het.”

Program:
Aug 1 – LMS Opedag
Aug 9 – Vrouedag

Also read: Golf of all ages ‘putt’ to the test

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button