Rugbyspan spog met splinternuwe truie

Die seuns is 'n pragtige advertensie vir Lucas Meyer Primêre Skool (LMS) wanneer hierdie truie gedra word, en daar word uitgesien na 'n seisoen met prag 7s rugby.

LMS se 7s rugbyspan spog met splinternuwe wedstrydtruie.

Die seuns is ‘n pragtige advertensie vir Lucas Meyer Primêre Skool (LMS) wanneer hierdie truie gedra word, en daar word uitgesien na ‘n seisoen met prag 7s rugby. Die seuns kon die afgelope naweek by ‘n 7s rugbytoernooi te Ladysmith, vir die eerste keer met hulle nuwe truie spog. “Baie dankie aan die borg vir hul goedgesindheid en ondersteuning!”

Die 7s krieketspan het die afgelope naweek deelgeneem aan ‘n toernooi te Lüneburg Skool en goed gevaar. Hulle wen hulle wedstryde teen Amersfoort en Pongola en verloor met slegs een lopie teen Michaelis.

“Dankie aan Lüneburg Skool, vir ‘n toernooi wat puik gereël was.”

Rickerd Craig, Lodewyk van Rooyen, André Stander, Robert Price en Zander Steenkamp het die afgelope naweek aan die vyfde KZN-Ligabyeenkoms vir Skyfskiet deelgeneem.

Zander vaar die beste en eindig 14de in die onder-14 ouderdomsgroep, en ontvang ook ‘n medalje vir die verbetering van sy persoonlike beste telling. Opedag: LMS se Opedag word vanjaar op Augustus 1 aangebied.
Verrigtinge skop om 8.30vm in die skoolsaal af. ‘n Baie interessante program word vir die besoekende leerlinge aangebied en moet nie misgeloop word nie. Hierdie is die ideale geleentheid vir ouers van voornemende Graad RR-, R- en Een-leerlinge, om self te kom uitvind waarom LMS die beste skool vir hul kinders is.

Program:

Julie 22 – Onder-11 krieket streekproewe; Vryheid Eisteddfod
Julie 26 – Interskole skyfskiet
Julie 27 – LMS Gholfdag
Augustus 1 – LMS Opedag

Also read: LMS leerders gee om vir Vryheid kinders

Make sure you follow us on our social media platforms for regular updates

  

Exit mobile version