ATKV (Glencoe Tak) skenk weereens donasies

Die ATKV lede van Glencoe tak het so oorweldigend gereageer op die donasie vir die SAPS

Liefde in die gemeenskap en liefde teenoor jou medemens.
Die ATKV lede van Glencoe tak het so oorweldigend gereageer op die donasie vir die SAPS dat hulle twee keer moes oorhandigings doen.

Op 20 Februarie , het Mev Dorea Coetzee, sekretaresse van die ATKV (Glencoe Tak) ‘n donasie van klere  (kinderklere, damesklere, mansklere en baba benodighede) asook kruideniersware aan die Eenheid van die S A Polisie vir Gesinsgeweld en Kinderbeskermings- en Seksuele-oortredings oorhandig.

Oorhandiging van eerste donasie van klere en kruideniersware. Op die foto v.l.n.r. is Kapt F P Fuller (S A Polisie-eenheid vir Gesinsgeweld, Kinderbeskerming en Seksuele Oortredings en Mev Dorea Coetzee (Sekretaresse van die ATKV –Glencoe tak.

Op 6 Maart het die voorsitter en sekretarese van ATKV-Glencoe tak weer eens na die SAPS gery om nog sakke vol damesklere, mansklere, baba klere, skoene, pragtige speelgoed (poppe) en gordyne na die SAPS in McKenziestraat te neem.

Die donasies is aan Kaptein F P Fuller en Mej Sonja Stander oorhandig.  Die lede van hierdie eenheid was baie verstom oor die hoeveelheid items maar ook baie dankbaar dat die ATKV jaarliks aan hierdie eenheid dink met hulle gemeenskaps-werk.

Hulle het die donasies baie nodig om hulle werk volkome te kan doen. Die ATKV se liefdevolle werk gaan van krag tot krag.


HAVE YOUR SAY:
Like our Facebook page, follow us on Twitter and Instagram or email us at dundee.courier@caxton.co.za.
A
dd us on WhatsApp 071 277 1394.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version