Die Rapportryers deel hul hart met Newcastle

Die Rapportryers streef daarna om nie net in Afrikaanse gemeenskappe nie, maar oral waar daar nood is, ‘n helpende hand uit te reik na gemeenskappe, organisasies en individue in nood.

Die Rapportryerbeweging is ‘n nasionale organisasie wat streef na die opheffing van verskeie gemeenskappe deur middel van projekte wat hul op nasionale vlak, en ook plaaslik, daagliks aanpak.

Die Beweging berus op ’n Christelik Afrikaanse grondslag en streef daarna om nie net in Afrikaanse gemeenskappe nie, maar oral waar daar nood is, ‘n helpende hand uit te reik na gemeenskappe, organisasies en individue in nood.

Dié organisasie het onlangs ‘n draai in Utrecht gemaak as een van hul vele liefdadigheidsprojekte. Tydens hul besoek aan Huis Johanna het die RR, ‘n ruim bydra van voedselprodukte gemaak om die tehuis te help om hul laste te verlig.

Foto verskaf: Juan de Heer en Manie du Preez saam met Huis Johanna verteenwoordiger, Willie Muller.

Op plaaslike front het die organisasie ook hande gevat met La Gratitude Home for the aged met ‘n bydra van R38 000 om die tehuis te help om verskeie projekte suksesvol op die been te kan bring.

Foto verskaf: Hannes Willemse, Juan de Heer, Willie Potgieter (RR-Voorsitter), Riaan Erasmus en Franco Kriek saam met die dames van La Gratitude home for the aged.

Vir die Rapportryers is die welstand en voortbestaan van organisasies soos hierdie van uiterste belang en daarom wil hulle ook graag ander organisasies in Newcastle en naburige dorpe aanmoedig om betrokke te raak by die organisasies.

“Ons daag graag ander organisasies in Newcastle uit om meer betrokke te raak in ons dorp. Die nood is baie hoog en dit is ons verantwoordelikheid om hierdie organisasies te help om hul goeie werk te kan voortsit,” het Johan Marais, verteenwoordiger van die RR gesê.

LEES OOK: Rapportryers tee off for charity

Buiten vir hul eie liefdadigheidsprojekte is die RR ook nou betrokke by verskeie skole in die omgewing en as deel van hul projekte hierdie afgelope maand, het hulle ook besluit om betrokke te raak by verskeie skoolprojekte in die omgewing.

Foto Verskaf: Gert Ebersohn saam met een van die verteenwoordigers van Drakensberg Laerskool.
Foto Verskaf: Gert Ebersohn saam met een van die verteenwoordigers van Arbor Park Laerskool.

Gert Ebersohn van die RR het as deel van hierdie innisiatief onlangs ook R5000 bygedra tot die voedingskemas van onder andere, Amajub Skool en Drakensberg Laerskool.

Word deel van die Rapportryers se nalatenskap van omgee en maak vandag ‘n verskil!

Also remember to visit our FacebookTwitter and Instagram pages.

Add us on WhatsApp today! 082 874 5550

Remember to read our WhatsApp disclaimer.

You can also email our offices; Reveshni Douglas at reveshni@caxton.co.za – Bruce Douglas at Newed2@caxton.co.za – Tersia Gopi at newed@caxton.co.za – Zianne Leibrandt at ncschools@caxton.co.za and F.C. Pelser on sam@caxton.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version