Pionier-skuts, skiet in die kol

Pionier se skuts was die afgelope weke vreeslik bedrywig.

Ons skuts was die afgelope weke vreeslik bedrywig. Baie geluk aan elkeen van die leerlinge met hulle puik prestasies.

Skyfskiet Liga 4 het op 5 Mei te Voortrekker, Pietermaritzburg plaasgevind. O/14 Veer: Karinda Smuts(goud) en Rhyno van Zyl(goud). O/16 Veer: Stephan Schutte(brons) en Cayla Putter(goud). O/21 Veer: Zarles Duminy(brons). O/21 Sporter: Pieter Claassen(silwer) en Righardt van Zyl(goud). Marelize Harris, Anke Opperman en Righardt van Zyl het op die dag hulle persoonlike beste prestasie verbeter.

Skyfskiet Liga 5 het op 28 Julie te Pionier plaasgevind. O/14 Veer: Karinda Smuts(goud). O/16 Veer: Thomas Kotze(brons) en Cayla Putter(goud). O/21 Sporter: Pieter Claassen(silwer) en Righardt van Zyl(goud). Karinda Smuts, Sheldon Lombard, Ruger Marais en Thomas Kotze het hulle persoonlike beste prestasie verbeter.

ALSO READ: Welgedaan top 10 van Pionier

Die KZN-Interskole het 3 tot 4 Augustus te Durban plaasgevind. Top O/14 3P Veer: Karinda Smuts(goud). Top O/14 3P Sporter: JP Barnard(silwer). Top O/16 Veer: Thomas Kotze(brons) en Cayla Putter(goud). Top O/21 3P Sporter: Pieter Claassen(silwer) en Righardt van Zyl(goud). Top o/14 Veer algeheel: Karinda Smuts(goud). Top O/14 Sporter algeheel: JP Barnard(silwer).Top O/16 Veer algeheel: Thomas Kotze(silwer) en Cayla Putter(goud). Top O/21 Sporter algeheel: Pieter Claassen(silwer) en Righardt van Zyl(goud). Top Veer 10m: Thomas Kotze(brons) en Cayla Putter(goud). Top Sporter 10m: Pieter Claassen(brons) en Righardt van Zyl(goud). Top Veer 2x3P: Cayla Putter(goud). Top Sporter 2x3P: Pieter Claassen(silwer) en Righardt van Zyl(goud). Top veer algeheel: Cayla Putter(goud). Top Sporter algeheel: Pieter Claassen(silwer) en Righardt van Zyl(goud). Top O/14 en O/16 Veer span: Pionier- goud. Top O/21 Sporter Span: Pionier- goud. Top Veer spanne algeheel: Pionier- goud. Top Sporter spanne: Pionier- goud. Top skool: Pionier- brons.

ALSO READ: Totsiens, meneer Aucamp van Pionier

Baie geluk aan die volgende skuts wat tot die KZN-span verskies is. Die skuts gaan Suid-Afrika in die Oktober-vakansie te Ferrum verteenwoordig. Righardt van Zyl, Pieter Claassen, Jeandré Terblanche, Zarles Duminy, Cayla Putter, Thomas Kotze, Stephan Schutte, Ruger Marais, Levras Davel, Kayla Vermaak, Rhyno van Zyl, Karinda Smuts en Renaldo van Ellinkhuyzen.

Rhyno van Zyl was uitgenooi om Suid-Afrika in Londen vanaf 30 Julie tot 15 Augustus te verteenwoordig. Hulle het by Camp Bisley geskiet. Daar was 10 lande verteenwoordig. Hulle het 3 dae deelgeneem en die res van die twee weke getoer. Dag een het hy 17de in die 3P gekom. Dag twee het hy 21ste in die 2x10m gekom en die 3de dag 15de. Uitstekend!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Exit mobile version