Dag vir Boere van Môre vier die toekoms van die landbou

Future Farmers is ’n erkende rolspeler in die vorming van die toekoms van boerdery in KZN

Landboustudente, bedryfsleiers, boere en agri-besighede het op Vrydag, 20 April 2018 by Cedara Landboukollege byeengekom vir die jaarlikse Future Farmers’ Dag om hulde te bring aan die prestasies van huidige en vorige landbougraduandi van die Future Farmers’ Stigting.

ALSO READ: KZN are farmers driving transformation

Future Farmers, wat deur Judy Stuart, ’n melkboer van Howick, in die lewe geroep is, is ‘n eiesoortige sosiale program wat dit ten doel het om vaardighede te ontgin en ’n passie vir die landbou in jong aspirantboere tussen die ouderdomme van 18 en 30 jaar, aan te wakker deur aan hulle ware werkservarings in ’n landbourigting van hulle keuse daar te stel. Die program is ontwerp om aan jongmense die geleentheid te bied om te “sien terwyl hulle verdien”, deur leerlingposisies op plaaslike en dan later, internasionalae plase te bekom en uiteindelik na hulle vaderland Suid-Afrika, terug te keer om hulle verworwe kennis hier te deel.

ALSO READ: Nottingham Road farmer’s investment in our country’s future

Met baie suksesvolle plasings van ywerige jong Suid-Afrikaanse boere wat op plase in Nieu-Seeland, Australië, Amerika en Denemarke werk, is Future Farmers tans ’n erkende rolspeler in die toekoms van boerdery in KZN, met baie voormalige Future Farmer-studente wat nie net suksesvol werksaam is in groot kommersiële bedrywe in die provinsie nie, maar ook bestuursposisies beklee.

Heelwat toekomstige boere het as sprekers by die geleentheid opgetree en hulle het meesleurende verhale vertel van hulle ondervindings op plaaslike, sowel as oorsese plase. Hulle het almal saamgestem dat, ten spyte van die harde werk, was die geleentheid wat aan hulle gebied is deur die Future Farmers’-inisiatief, nie slegs ’n boerderyondervinding nie, maar een wat hulle lewens handomkeer verander het.

Al die graduandi wat deelgeneem het, het net die hoogste lof vir die stigting en ook vir Judy gehad vir die invloed wat dit op hulle lewens uitgeoefen het. Een van die sprekers, Sanelisiwe Ngubane, het ondermeer gesê: “Ek sê graag dankie en verleen erkenning aan AgriSETA en Future Farmers wat ons drome om boere te word, waar gemaak het. Ek wil ook graag my dank uitspreek teenoor kommersiële boere, hier in SA en oorsee, wat ons as interns ondersteun en gementor het”.

Future Farmers is ’n erkende rolspeler in die vorming van die toekoms van boerdery in KZN en met die ondersteuning van Kwanalu, wat onvermoeid voortbeur om befondsing vir die Future Farmers’-program te verseker om sodoende ’n opgeleide, gemotiveerde en toegewyde “landbougenerasie” daar te stel, is oorweldigende steun verkry van AgriSETA, agri-besighede, borge en die landboubedryf oor die algemene ter bereiking van hierdie doel.

Die waarnemende HUB van AgriSETA, Frikkie Fouche, het die Future Farmer-graduandi gelukgewens met hulle aanpasbaarheid en dat hulle die geleenthede wat hulle aangebied is, aangegryp het in hulle strewe om boere te word.

“AgriSETA sal voortgaan om programme te ondersteun wat ’n impak maak en uit wat ek vandag hier hoor en sien, is die Future Farmers’-program een daarvan,” het Fouche gesê.

Kwanalu se president, Andy Buchan het die graduandi geluk gewens.
“Ons by Kwanalu glo dat die toekoms van die landbou in Suid-Afrika in die hande van ons jong boere lê en dit wat ons vandag hier sien, inspireer en bemoedig ons met die oog op die toekoms,” het Buchan gesê.

ALSO SEE: Farmers meet for Kwanalu congress

Kwanalu se HUB, Sandy La Marque het namens Kwanalu haar trots uitgespreek om deel te wees van die Future Farmers’-program en sy het die lede van die Unie lof toegeswaai vir die mentorskaprolle wat hulle in die program vervul het.

“Hartlik geluk aan al die jongmense van wie se harde werk, toewyding en uitsonderlike boerderyvaardighede ons vandag gehoor het en dit wat elkeen van julle uit julle ervarings geput het. Ons sê ook dankie aan ons kommersiële boere wie se steun aan die program die sukses van die boere van môre verseker,” het La Marque gesê.

Die geleentheid het geëindig met ‘n toekenningseremonie waar diegene wat in die program uitgeblink het en die grootste belofte tydens hul vakleerlingskappe getoon het, vereer is.

Vir meer inligting besoek www.kwanalu.co.za

Click to receive news links via WhatsApp. Or for the latest news, visit our webpage or follow us on Facebook and Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version