Editor's noteLocal newsNews

Die koste van kanker: Weet watter dekking waarvoor betaal

Die verskillende tipes risikodekking is vir verskillende doeleindes saamgestel, en hoewel sekere voordele vir sekere siektes kan oorvleuel, is dit nie altyd die geval nie. Aangesien gevreesde siekte-dekking bedoel is om dekking vir die oorlewing van 'n gevreesde siekte te verskaf, behoort dit jou eerste oorweging te wees om die addisionele koste wat met kanker gepaardgaan, te dek.

Borskanker is die algemeenste tipe kanker onder Suid-Afrikaanse vroue. Volgens die Nasionale Kankerregister affekteer dit ongeveer een uit 33 vroue gedurende hul leeftyd. Die voorkomssyfer van hierdie kanker het die afgelope dekade deurlopend gestyg met die toename in die stedelike bevolking. Met inagneming hiervan, hou borskanker en die finansiële implikasies daarvan vir meer vroue ‘n ernstige bedreiging in, sê Ingrid Orban, finansiële adviseur by Sanlam.
Baie mense besef nou dat kanker ‘n siekte is wat enigeen kan tref, en dat ons leefstylkeuses beduidend bydra tot die risiko van ‘n kankerdiagnose. Die belangrikheid van finansiële beplanning vir onvoorsiene gebeurlikhede word nou ‘n aktuele kwessie. Dit is egter ook belangrik om te verstaan hoe om jou risikodekking saam te stel, sodat jy die finansiële ondersteuning kan kry wat jy nodig het indien kanker by jou gediagnoseer word.
Sy sê mense koop hoofsaaklik lewens- en ongeskiktheidsdekking om skuld te dek en die inkomste van ‘n broodwinner te beskerm, terwyl ‘n gevreesde siekte nie iets is waarvoor hulle finansieel beplan nie. Oorlewendes kry dikwels ‘n onaangename verrassing wanneer hulle agterkom die koste van hul stryd teen kanker sluit baie meer as die mediese koste in.
Die perke van toepassing op mediese dekking vereis dikwels dat kankerpasiënte addisionele finansiële voorsiening moet maak vir hul behandeling en herstel. Dit is egter maar net ‘n deel van ‘n groter geheel. Die reiskoste om by spesialiste uit te kom wat dikwels ver is, die rehabilitasiebehandeling, en die koste van privaat verpleging en ‘n kinderoppasser is maar net ‘n paar van die dinge wat oorlewendes sê hulle nie voorsien het nie.

Gevreesde siekte-dekking help jou ook om ‘n spaarfonds te skep indien jy onversekerbaar raak nadat kanker by jou gediagnoseer is.

Ingrid verduidelik dat indien ‘n gevreesde siekte soos borskanker by jou gediagnoseer word, jy miskien nie outomaties vir die uitbetaling van ‘n inkomste of ongeskiktheidsdekking kwalifiseer nie, maar dat dekking vir ernstige siektes kan help om die addisionele koste te befonds.
Inkomstevervangingsdekking sal slegs uitbetaal indien jy te siek is om te werk. Net so sal selfs ‘n goeie mediese skema miskien ook nie vir borsrekonstruksie-chirurgie of rehabilitasiekoste betaal nie. En hoewel ongeskiktheidsdekking ‘n uiters belangrike rol speel om die koste van ‘n gevreesde siekte te hanteer, is algehele ongeskiktheid nie alle borskankerpasiënte se voorland nie. Selfs al dek dit jou wel vir funksionele inkorting, betaal dit eers uit nadat jy behandel is en die inkorting geëvalueer kan word.
Die verskillende tipes risikodekking is vir verskillende doeleindes saamgestel, en hoewel sekere voordele vir sekere siektes kan oorvleuel, is dit nie altyd die geval nie. Aangesien gevreesde siekte-dekking bedoel is om dekking vir die oorlewing van ‘n gevreesde siekte te verskaf, behoort dit jou eerste oorweging te wees om die addisionele koste wat met kanker gepaardgaan, te dek.
Gevreesde siekte-dekking help jou ook om ‘n spaarfonds te skep indien jy onversekerbaar raak nadat kanker by jou gediagnoseer is. Sommige oorlewendes sit hul werk voort na hul kankerbehandeling, maar hulle sal moontlik vir 3 tot 10 jaar na hul diagnose nie versekerbaar wees nie.
Kontak Ingrid Orban op 034 212 2874 of 082 456 0497 vir kundige finansiële advies.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button