NewsSchools

Repies wen koshuisweek

Republiek het weggestap met die beker as koshuisweekwenners 2017.

Koshuissêr: Daar is weke, nagte, middernagure geoefen aan die koshuissêr, daar is soveel moeite geskenk aan die fynste details om die gange te versier en almal het hulle harte uit-gekompeteer om hulle gange te verteenwoordig tydens die gangsport. Maar daar kan net een wenner wees en Republiek het weggestap met die beker as koshuisweekwenners 2017. Geluk ook aan Melkweg wat saam met Republiek die sêr gewen het en geluk aan DeVoshuis wat gangbeoordeling gewen het. Ons sê ook dankie en voorspoed aan mnr Jan Erasmus en juf Anneke Gerber wat vanjaar klaarmaak as koshuisvader en -moeder. Julle het diep spore in die hart van die koshuis getrap.

2 September: Voortrekker toernooi in Pietermaritzburg

o/15’s: vs Michaelhouse: verloor 28-7, vs Westville: verloor 26-0, vs Maritzburg College: verloor 24-0, vs Transkei: verloor 12-0.

2de span: vs Michaelhouse B: verloor 21-19, vs DHS 2: wen 24-17, vs Hilton: verloor 39-14 en in die Bowl semifinaal speel hulle teen Westville en verloor 24-14.

1ste span: vs Maritzburg College: wen 19-17, vs Hillcrest: web 15-12, vs Westville: 46-7 en in die Cup semifinaal speel hulle teen St. Charles en verloor 26-7.

YOU MAY ALSO WANT TO READ: Oluhle makes the grade for cricket

AND: Vryheid High School elects new leaders

Koor Eisteddfod

Geluk aan Pionier se koor wat op 29 Augustus deelgeneem en 79% behaal het by vanjaar se Eisteddfod in Newcastle. Dankie ook aan mev Carin Lombard vir jou harde werk, sonder jou sou ons dit nie kon regkry nie.

Krieketuitslae:

1ste span:

Pionier vs. St Dominics: Pionier verloor met 37 lopies.

o/15 span:

Pionier vs. Ladysmith: Pionier wen met 3 paaltjies.

Geluk aan die uitstaande bouler, Francois Theron, wat 6 paaltjies geneem het vir 25 lopies in al 4 beurte. Hy kry ook ‘n “hat-trick” in een van sy boulbeurte.

Henry van Wyk slaan 32 nie uit nie, met die kolf.

31 Augustus speel die meisies-krieketspan ook teen Vryheid Hoerskool 2 en wen met 8 paaltjies.

Die 2016 matrikulante se uitslae kan by Pionier se skoolkantoor afgehaal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button