Geluk aan Lucas Meyer Skool se koor

"Ons koorlede het hard geoefen en hulle drie liedjies met oorgawe gesin en in die proses ‘n Goue-toekenning ontvang."

Lucas Meyer se skoolkoor het die afgelope naweek aan die Newcastle Eisteddfod met groot welslae deelgeneem. Ons koorlede het hard geoefen en hulle drie liedjies met oorgawe gesin en in die proses ‘n Goue-toekenning ontvang. Baie geluk! Verskeie leerlinge het ook individieel deelgeneem en die volgende toekennings vir sang ontvang – Goud: Ivoné Lombard, Wighardt Booyens (X2), Nicola Smith, Rayvonne Viljoen, Johanné Smith. Dubbel-Goud: Nicola Smith, Trippel-Goud: Cay-Li Birkenstock (X2).

KRIEKET: Die O/11B’s speel teen Lüneburg en word vir 108 lopies uitgehaal. Lüneburg, wat eerste gekolf het, kon 217 lopies aanteken in die toegelate 20 beurte vir die verlies van slegs 2 paaltjies. LMS se beste kolwer was Rynhardt Backenberg, wat 50 lopies aangeteken het. Die o/13B’s moes die knie voor NRS buig. LMS kolf eerste en teken 61 lopies in die toegelate beurte aan. NRS steek die totaal verby met die verlies van net een paaltjie. Hermanus Steenkamp kon 29 lopies aanteken.

Hettie Brittz: Ons was baie bevoorreg om Mev Hettie Brittz die afgelope Saterdag, tydens ‘n ontbyt by die skool, te ontvang. Nagenoeg 60 ouers en belangstellendes kon luister na haar insiggewende aanbieding oor Ouerskapfondasies wat Hou. Sy is die skrywer van verskeie boeke oor ouerskap en het die “Kweek Dissipline met Deernis”-stelsel vir skole ontwikkel. Dankie aan Mev Lindie Moolman wat hierdie geleentheid vir ons moontlik gemaak het.

YOU MAY ALSO WANT TO READ: Repies wen koshuisweek

AND: Oluhle makes the grade for cricket

Markdag & Loopbaandag: Die Gr. 7-leerlinge het die afgelope week meer oor entrepreneurskap en beroepe geleer. Tydens die jaarlikse markdag het die leerlinge hulself as sakemense uitgeleef en met verskeie kreatiewe maniere hul sakke vol geld gemaak. Met die loopbaandag het verskeie persone van Vryheid met die leerlinge oor hulle beroepe kom gesels. Die leerlinge het ook die geleentheid gehad om oor hul toekomsplanne te gesels.

Lentedag: Baie dankie aan Mnr Alex Theron vir sy insiggewende praatjie oor bome met Lentedag. Mev Hoffman en haar klas het ‘n mooi geleentheid gereël, waartydens daar ook ‘n boom geplant is.

Dans: Geluk aan die volgende dansers van Unity Dance Studio wat by die Harrismith Eisteddfod toekennings ontvang het: Natasha Louwrens, Michelle Barnard, Madri Strauss, Jasmin van Rooyen, Chayden Bekker en Anro Swanepoel.

Program:

01/09 Lentedag

12-14/09 LMS Opvoering

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version