Cycle CC brothers get a visit from Jannie Breedt

They have completed more than half of their journey and are basically heading home now to Vryheid where they began this epic journey in aid of the Child Witness Foundation at the beginning of July.

THE Viljoen brothers, Carel and Deon have pedalled thousands of kilometres in the Cycle CC Tour so far and were last spotted near Barrydale in the Western Cape at the time of going to print.

They have completed more than half of their journey and are basically heading home now to Vryheid where they began this epic journey in aid of the Child Witness Foundation at the beginning of July.

“Hier het so baie mense op my en Jannie Breedt se foto gereageer en ek voel tergelyke tyd trots en opgewonde daaroor,” writes Deon Viljoen. “Kom ek vertel julle die storie agter die foto.

YOU MAY ALSO WANT TO READ: Cycle CC tour touches down in the Cape 

AND: Cycle CC – How can you get involved?

“Ons, ek en my broer Carel, ry met ons fietse om Suid Afrika (+- 6000 km) in ‘n poging om mense bewus te maak van mishandelde kinders se lot selfs na hulle slagoffers van misbruik was. Die owerhede betrokke by so kind se saak is in baie gevalle nie goed opgelei nie en hulle optrede teenoor die kind veroorsaak in baie gevalle dat die kind deur nog onnodige trauma gaan, selfs vir jare, hang af hoe lank die saak sloer!

“Nou die ouens vir wie ons ry, Child Witness Foundation in samewerking met Round Table SA, gebruik hierdie fondse wat ons genereer, en natuurlik ander skenkings ook, om die betrokke mense soos landroste, welsynwerkers, polisiepersoneel, aanklaers, dokters ens. op te lei om hierdie kinders met waardigheid en deernis te hanteer.

“Nou Jannie, die man wat hy is, ondersteun ons nog reg van die begin af, moreel en finansieël! Hy ry toe gisteraand al die pad van Hermanus/Onrusrivier af om ons te kom sterkte toe wens en weereens ‘n finansieële bydrae te maak, dis toe dat ons die foto neem. Dit was natuurlik ook ‘n lekker weersiens en ons het lekker gekuier!

Nou wonder ek net, of al die mense wat die foto “ge-like” het ook bereid sal wees om ‘n finansieël bydrae te maak. En ek sal nogal daarvan hou as die oudrugbyspelers en die wat tans nog speel (maak nie saak watter span nie!) vir die mense wys wat in ons steek! Ons mikpunt is R3,000,000. Dit beteken net R1 elk van 3miljoen mense!

“Komaan mense. Daag jou vriende en kennise op FB en ander sosiale media uit en maak ‘n verskil. Gaan na www.cyclecc.co.za toe op jou opsies uit te oefen! Of besoek ons op FB Cycle Cross Country. Sterkte en by voorbaat dankie, ek weet julle gaan en julle kan.”

Visit www.cyclecc.co.za to find out how you can get involved.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version