Dis ‘n fees om in Ichthus te wees

Positiwe begin vir Ichtus 2017

Dit is die begin van nog ‘n wonderlike jaar by Ichthus. Ons verwelkom al ons leerlinge, ouers en personeel. Mag die Here elkeen van julle ryklik seën en mag julle baie gelukkig wees by Ichthus.
Dit is ‘n plesier om met klein klassies te werk en wat ‘n voorreg om die jaar op so ‘n positiewe noot te begin! Dit was omtrent ‘n groot opgewondenheid om almal weer na die lang vakansie te sien!
Ons wil graag die nuwe personeel verwelkom: Mev Snyman en Mej Mlambo. Ons glo dat hulle baie gelukkig hier by ons sal wees!
Totsiens:
Ons sê met hartseer totsiens aan die volgende personeel wat tot aan die einde van 2016 by Ichthus gewerk het en bid die Here se rykste seën op elkeen toe!
Baie dankie aan Mej Pretorius vir haar diens aan die skool en vir al die liefde wat sy met kinders en personeel gedeel het die afgelope twee jaar! Mag sy baie gelukkig wees in haar nuwe werk by Hoërskool Sarel Cilliers!
Baie dankie aan Mevrou Tiley wat die afgelope drie jaar deel van Ichthus was! Sy het op die Bestuurspan gedien, vir Gr drie tot sewe skoolgehou en tegnologie op ‘n interessante manier deel van haar lesse gemaak! Ons bid dat hulle as gesin baie gelukkig in Krugersdorp sal wees!
We thank Mrs Browning for teaching English on a part-time basis for six years at Ichthus! We appreciate the high standard that she set in the English Department! We pray that she will enjoy her retirement!
Baie dankie aan Mevrou Meintjes wat die afgelope 11 jaar deel van Ichthus was! Tannie Lydia, soos sy onder die kinders bekend staan, het elke dag 150 km skool toe en terug gery. Sy het eers as mamma by die skool gehelp en is later as administratiewe beampte aangestel. Sy het verskeie funksies by die skool gereël en ook die hokkie tot groot hoogtes gelei! Ons bid dat sy haar rustiger dae op die plaas baie sal geniet!

Exit mobile version