Ichthus Graad 7 Afskeid met ‘n verskil!

Elke leerling het tydens hierdie besonderse funksie, die geleentheid gehad om 'n afskeidstoespraak te lewer, waarna elkeen deur 'n gekose familielid bemagtig en geseën is om die volgende fase van hul reis na volwassewording binne te gaan.

Die aand van November 24, was ‘n Aand van Seën vir die Graad 7-leerlinge en gaste van Ichthus Christelike Skool. Afskeid is op seënryke wyse van die Graad 7-leerlinge van 2016 geneem, met die tema “Stad van Lig”. Hiermee is die jongelinge gemotiveer om altyd die Lig van Jesus Christus in hul lewens te laat skyn. Elke leerling het tydens hierdie besonderse funksie, die geleentheid gehad om ‘n afskeidstoespraak te lewer, waarna elkeen deur ‘n gekose familielid bemagtig en geseën is om die volgende fase van hul reis na volwassewording binne te gaan. Die nagenoeg sewentig gaste is getrakteer met ‘n driegang-maaltyd van hoogstaande gehalte en het gesellig aan pretaktiwiteite tussen-in deelgeneem. Ichthus bedank graag elke personeellid en medewerker wie se onvermoeide bydrae, die aand so spesiaal gemaak het. Graad 7- leerlinge, julle is geseënd!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version