Local newsNewsSchoolsBreaking News

Pionier behaal puik uitslae

Pionier ontvang uitstekende uitslae by die Bhekuzulu distrik se Akademiese prys uitdeling.

TYDENS ‘n onlangse Bhekezulu Distrik se Akademiese Prysuitdeling, gegrond op die matriekuitslae van 2015, ontvang Pionier die volgende toekennings:
Pionier het ‘n 100% slaagsyfer behaal in die volgende vakke: Afrikaans Moedertaal, Besigheidstudies, Ekonomie, Engels Addisionele taal, Fisiese Wetenskap, Geografie, IGO, Lewenswetenskap, RTT, Rekeningkunde, Toerisme, Verbruikerswetenskap, Visuele kuns en Wiskunde Geletterdheid.

Pionier het ook trofees ontvang vir die beste uitslae in die volgende vakke: Wiskunde, Rekeningkunde, Lewenswetenskap, Fisiese Wetenskap en Afrikaans. In 2015 het Pionier 107 graad 12 leerlinge gehad wat eindeksamen geskryf het. Pionier het ‘n 100% slaagsyfer behaal, 79% leerders het vrystelling ontvang, 61% van die leerders het ‘n gemiddeld bo 60% behaal en Pionier kon spog met 99 A’s, 169 B’s en 174 C’s. Ons skool kan ook spog met ‘n toekenning wat tydens hierdie prysuitdeling oorhandig is aan Pionier vir die skool met die Beste Graad 12 Uitslae in die Filidi Wyk.

Skyfskiet nuus: Baie geluk aan die volgende skuts wat hulle persoonlike beste punte verbeter het: By Liga 5 in Pietermaritzburg: Rinus Wagener en Gerhard Botes. By die Interskole Newcastle: Pieter Claassen, FP van der Merwe, Zarles Duminy, Gerhard Botes, Cayla Putter, Thomas Kotze en Ruger Marais.

Die volgende skuts het KZN verteenwoordig tydens die vakansie by die SA’s te Hartebeespoort in hul onderskeie ouderdomsgroepe en klasse: Heinrich Harris (kaptein), Johan Harris, Jacques van Romburgh, Pieter Claassen, Rinus Wagener, Righardt van Zyl, Zarles Duminy, FP van der Merwe, Cayla Putter, Thomas Kotze en Stephan Schutte.

Die skuts het soos volg presteer: o/21 A Veerklas (Johan Harris) en o/16 A Veerklas (Righardt van Zyl) spanne gekombineerd verwerf ‘n brons medalje.

Cayla Putter en Thomas Kotze neem albei deel aan die o/14 Veerklas in spanverband, en verwerf ook ‘n brons medalje. Cayla Putter verwerf verder ook in die o/14 10m staan, ‘n individuele brons medalje en behaal terselfdetyd ook haar persoonlike beste van 484 in die 3P1. Persoonlike beste tellings by die SA’s is ook deur Rinus Wagener, Zarles Duminy, Stephan Schutte en Thomas Kotze behaal.
Noord Natal Jeugkoor: Baie geluk aan CharnĂ© Snyman wat ingesluit is by Noord Natal Jeugkoor. Dit is ‘n puik prestasie!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button