Koshuisleiers vir 2017 alreeds aan die werk

Nuwe Koshuisleiers al reeds aan die werk. vir volgende jaar.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

BAIE geluk aan die volgende leerders wat verkies is as koshuisprefekte vir 2017:

Ané de Villiers, Lara Dedekind, Simoné Dickinson, Liandi Ferreira, Roané Fourie, Marike Killian, Natasha Kleyn, Laurika Nel, Chanel Schutte, Megan Smith, Ingrid Steenkamp, Mia van Rooyen, Rikus Boshoff, Waldo Durand, Joggie Erasmus, Riël Greyling, Johan Harris, Eric Louw, Dewan Maritz, Christiaan Smit, Hendrik van Jaarsveldt en James Visagie. Ons vertrou dat Pionier koshuis volgende jaar in goeie hande sal wees onder leiding van hierdie ywerige leiers.

1ste krieketspan toer na Eshowe

Die 1ste krieketspan het in die Oktobervakansie getoer na Eshowe en het n hele paar wedstryde gespeel. Die uitslae lyk soos volg:

Teen Richardsbaai: Pionier wen met 26 lopies

Teen Thomas Moore: Thomas Moore klop Pionier met 7 paaltjies.

Teen Port Shepstone: Pionier wen met 3 paaltjies.

Baie geluk aan Hans Opperman wat speler van die toernooi aangewys is met bouluitslae van 4 beurte, 4 paaltjies vir 2 lopies. Pionier eindig 5de uit 8 skole wat aan die toernooi deelgeneem het.

Berné skitter met Ruitersport

Berné van Heerden het tydens die vakansie deelgeneem aan die Nasionale Kampioenskappe in Pretoria. Sy het ‘n 16de, 12de, 9de, 8ste en 2de plek behaal. Daar was tussen 30 en 60 deelnemers per klas en sy het deelgeneem teen ruiters tussen die ouderdomme van 14-18 jaar. Wel gedaan Berné.

KZN Ringbal 2016

Die volgende leerlinge neem deel aan die SA Skole Ringbal Toernooi: Zondelique Meyer, Danel Schoeman, Jana Schoeman, Luandi Eyre, Chloë Bezuidenhout, Calista Botha, Elana Immelman, Lize-Marie Mentz, Jessica Jansen van Rensburg, Lume Mentz, Rochelle Hibbers, Melissa Harmse, Marcelle Warden, Xander van Heerden, Roland Schoeman, Tian Meiring, Ruan Bosman en Daniel Peens, Shante Veldsman. Elana Immelman en Zondelique Meyer word onderskeidelik vir die 0nder sewentien en die onder vyftien SA Span verkies.

Kalender

Oktober 14: Kerkdiens Gr.12 afsluiting

Oktober 17: Matriek eindeksamen begin

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version