Local newsNewsSchoolsBreaking News

‘Sake Ontbyt’ ‘n groot sukses

DIE afgelope Saterdag is ‘n baie suksesvolle sake ontbyt deur LMS aangebied.

Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool

DIE afgelope Saterdag is ‘n baie suksesvolle sake ontbyt deur LMS aangebied.

Nagenoeg 120 sakelui, boere en ander belangstellendes het die geleentheid bygewoon. Die gasspreker was mnr Drikus Combrinck, voorheen van PSG Pretoria-Oos. Hy is tans uitvoerende hoof van CapiCraft Financial Services. Baie dankie aan elkeen wat die skool met hierdie poging gesteun het. Die borge vir die dag was At Moolman Makelaars en LMS is aan hulle baie dank verskuldig.

Krieket: Die afgelope week is daar teen Risen Son Academy kragte gemeet. LMS se o/11s teken 164 lopies vir die verlies van slegs 3 paaltjies in die toegelate 20 boulbeurte aan. Risen Son teken 72 lopies vir die verlies van 6 paaltjies in hul 20 beurte aan. LMS se o/13-span span teken 222 lopies vir die verlies van slegs 1 paaltjie in die toegelate 20 boulbeurte aan. Risen Son kon nie daarin slaag om hierdie totaal te klop nie. Cole van Rooyen en Jacques van Nieuwenhuizen het pragtig gekolf, met Morné Olivier wat goeie boulwerk gelewer het.

Program: 22 September – o/13 Krieket teen Lüneburg, 23 September – KZN Krieket Binnelande Proewe, 27 September – o/11 Krieket teen Michaelis, 30 September – Skool sluit.

If you have any interesting stories please send them to: estella@caxton.co.za or Contact us on 034 981 39 30.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on WhatsApp 060 986 0731.

Related Articles

Back to top button