Leiers word aangekondig

Baie geluk aan die leerders wat verkies is as deel van 2017 se leiers.

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

BAIE geluk aan die leerders wat verkies is as deel van 2017 se leiers.

Die volgende leerders sal volgende jaar se leiers wees: Dogters: Lara Dedekind, Simoné Dickinson, Liandi Ferreira, Carmen Gröpp, Lorma Janse van Rensburg, Natasha Kleyn, Juliette Muller, Laurika Nel, Hanlie Papenfus, Ankia Saayman, Chanel Schutte, Chezelle Stear, Ingrid Steenkamp en Mia van Rooyen. Seuns: Rikus Boshoff, Corné Botha, Waldo Durand, Theo Duvenage, Joggie Erasmus, Riël Greyling, Johan Harris, Jacques Lindeque, Eric Louw, Dewan Maritz, Christiaan Smit, Dian Swanepoel, Hendrik van Jaarsveldt, James Visagie.

Leierskap is om ‘n inspirerende visie te hê, sowel as die vermoë om ‘n passie en bereidwilligheid in mense aan te wakker en ‘n bereidwilligheid om te streef na daardie visie. ‘n Leier het ‘n droom en inspireer mense om te glo en te werk om daardie droom te bereik. ‘n Leier voer ‘n saak enduit en voorsien en berei die regte omgewing voor vir mense om goed te presteer. Pionier sien uit om te sien om die drome van 2017 te bereik saam met die Hoërskool Pionier leiers.

Ruitersport: Baie geluk aan Berné van Heerden wat gekies is om deel te wees van die Natal Skolespan. Ons sien uit om meer van jou prestasies te berig in die toekoms. Sterkte met alles wat jy aanpak!

Tennis teen Ladysmith: Op 15 September het die volgende leerders teen Ladysmith deelgeneem: Hardus van der Merwe, Rikus Boshoff, Lourens Mentz, Johanette Wilken, Marlie Smit, Marla Smit, Dee-Marie Kriel en Anri Janse van Rensburg. Hulle het 8-4 gewen. Baie geluk julle!

Krieket teen Ferrum: Op 15 September het die o/15 krieketspan teen Ferrum gespeel. Die uitslae het soos volg gelyk: Pionier het eerste gekolf en 123 lopies gemaak. Die beste kolwers was Jaco Coetzee wat 30 lopies gemaak het en JW Olsen wat 23 lopies gemaak het. Ferrum kolf daarna en gaan die telling verby en wen Pionier met 7 paaltjies. Die beste boulers was Tiaan Marais wat 1 paaltjie en 10 lopies afgestaan van 4 boulbeurte.

Program: 23 September – ATKV Civviedag

If you have any interesting stories please send them to : estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 39 30.

Also Find us on: FacebookTwitter, and on WhatsApp 060 986 0731.

Exit mobile version