Local newsNewsSchoolsBreaking News

Sukses met Opedag by LMS

DIE jaarlikse Opedag het op 9 September plaasgevind.

Uitgereik deur Lucas Meyer Primêre Skool

DIE jaarlikse Opedag het op 9 September plaasgevind.

Die dag was ‘n groot sukses te oordeel aan die groot getal besoekers wat ontvang is. Volgende jaar se kleuters is by die voorskoolse-afdeling getrakteer en besig gehou, terwyl die Gr 1s van 2017 nie kon wag om in hul nuwe klaskamers aan die werk te spring nie. Twee suksesvolle inligtingsessies is ook met die aanwesige ouers gehou.

Gesonde tandjies: Die tandartse en assistente van UberDent het verlede week Die Gr R – Gr 3 leerlinge besoek as deel van Colgate se veldtog om mondhigiëne by 6 -9 jariges tuis te bring. ‘n Oulike poppekasvertoning het daarvoor gesorg dat almal nou weet hoe om na hul tandjies om te sien. Dankie aan UberDent wat die dag onvergeetlik vir die kinders gemaak het.

Krieket: Die o/13s het die afgelope week teen Pongola en Nardini kragte gemeet. Teen Nardini tree LMS as oorwinnaars uit die stryd, maar moes die knie buig teen Pogola. Beste kolwers was Arno Bredenhann, Cole van Rooyen en JD Jonker, terwyl Jayden Dippenaar, Jayden van Eck, Arno Bredenhann en Martin Jacobs goed geboul het.

Die o/11s het ook twee wedstryde gespeel. Pragtige spel is teen NRS gespeel, met LMS wat 140 lopies vir 3 paaltjies kon aanteken vir die opponente se 57 lopies, almal uit. LMS slaag ook daarin om hul wedstryd teen Nardini te wen.

Ruitersport: Baie geluk aan Nina Terblanch̩ en Landi Erasmus wat beide by die KZN Skolespan vir ruitersport ingesluit is. Hulle neem op 6 Р8 Oktober aan die SA Skolekompetisie in Pretoria deel. Ons wens hulle sterkte toe.

Voortrekkers: Geluk aan die volgende leerlinge wat die afgelope naweek by Bloedrivier as Voortrekkers ingelei is: Jessica Steward, Bianca Steward, Melissa Steward, Ilani Lathleiff, JC van Rooyen, Yvette de Swardt en Suné de Swardt.

Program: 15 September – o/13 Krieket teen Risen Son, 17 September – LMS Sake Ontbyt, 19 September – Tennis teen Michaelis, 20 September – o/11 Krieket teen Pongola.

If you have any interesting stories please send them to : estella@caxton.co.za or Contact us on: 034 981 3930.

Also Find us on: Facebook, Twitter, and on WhatsApp 060 986 0731.

Related Articles

Back to top button