Editor's choiceLocal newsNews

Gertrud Böhmer, 99 somers later

Die kinders wil die personeel van die tehuis van harte bedank vir hul onbaatsugtige liefdeskiens en volgehoue versorging elke dag.

Gertrud Böhmer kon die 7de September haar 99ste verjaarsdag in die SAVF tehuis vir bejaardes, saam met haar dogters, inwoners, personeel, die Duitse gemeente en vriende vier. Dit is groot genade om na verskeie gesondheidsprobleme, vol dankbaarheid die Here met ‘n lofsang te kon prys.
Sy is 1917 in Duitsland gebore en het op 18 jarige leeftyd met haar man, ‘n juweliersbesigheid in Bloemfontein geopen. Haar eerste man is reeds in 1962 oorlede en sy is vier jaar later weer getroud.

Sy het in haar leeftyd twee wêreldoorloë beleef en menige tegnologiese ontwikkelinge meegemaak, bv. die koms van die telefoon – ‘n bespreking vir ‘n oproep na haar ouers moes ‘n week voor die tyd gemaak word en was aan albei kante groot opgewondenheid toe sy na sewe jaar van geen kontak, tydens die Tweede Wêreldoorlog, kon hoor dat hul nog almal leef en aan hulle kon vertel dat haar tweede kind vyf jaar tevore gebore is.
Sy het in 1996 na Dundee verhuis toe haar tweede man oorlede is.
Sy het in die 20 jaar baie wonderlike vriende gemaak.

Gertrud is werklik ‘n besonder dapper vrou en ons dank die Here vir Sy groot genade. Die kinders wil die personeel van die tehuis van harte bedank vir hul onbaatsugtige liefdeskiens en volgehoue versorging elke dag. Dr Theo Schwellnus se persoonlike aandag met sy lieflike, warm menslikheid, as geneesheer en vriend, Pastor Werner Harms vir sy wonderlike getroue geestelike ondersteuning, en die groot vriendekring wat haar op haar oudag nie vergeet nie.
Dit word opreg waardeer.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button