EntertainmentLifestyleNewsSchools

Koshuisweek vet pret

PIONIER koshuis se jaarlikse koshuisweek het al weer afgeskop met ‘n groot lawaai!

Uitgereik deur Hoërskool Pionier

PIONIER koshuis se jaarlikse koshuisweek het al weer afgeskop met ‘n groot lawaai!

Maandagoggend het die koshuisleerders by die skool opgedaag met hulle gangdrag en het die saal gelei met sang. Maandagaand het die gange teen mekaar hokkie gespeel, nie net enige hokkie nie… sokkie – hokkie! Hulle moes die hokkiebal, wat uit ‘n sagte bal oorgetrek met kouse bestaan het, deur die doelhok skiet. Die wengange was: Republiek, de Voshuis, Rozella en Stellaland. Dinsdagmiddag het die gange teen mekaar meegeding met trollieresies, wat de Vos en Melkweg gewen het en sakspring, wat Melkweg en Mosambiek gewen het. Lara Dedekind en Christiaan Smit is Dinsdagaand, na die gangbeoordeling, aangewys as Meneer en Mejuffrou Koshuis. Die gang wat die mooiste rok ontwerp het, was Melkweg. Donderdagaand het die sêr in die skoolsaal plaasgevind. Dit het gesorg vir groot vermaak van die gehoor. Melkweg en de Voshuis stap weg as die wenners van die sêr. Maandagaand, 22 Augustus, het die koshuispersoneel en die koshuisleerders die koshuisweek met ‘n stylvolle dinee afgesluit. Baie geluk aan Melkweg wat aangewys is as die algehele koshuisweekwenners van 2016. Baie dankie aan Juffrou Gerber en Meneer Erasmus vir al die reelings, asook aan al die beoordelaars wat betrokke was by die gangbeoordeling en die sêr.

Eisteddfod: Jané Petersen het Pionier verteenwoordig op 19 Augustus by die Zululand Eisteddfod in Empangeni by Hoërskool Empangeni. Jané het in twee kategorieë gesing: Afrikaans en English Modern. Sy het die volgende uitslae behaal: vir die Afrikaans kategorie sing sy ‘Timbuktu’ van Riana Nel en behaal sy dubbelgoud. In die English Modern kategorie sing sy ‘One call away’ van Charlie Puth en behaal trippel goud. Sy is ook deel van Kainos Sangstudio in Vryheid. Baie geluk, Jané!

7’s toernooi by Kings Park tydens die naweek van 2 en 3 September: Die Poelwedstryde het soos volg afgeloop: Pionier speel Voortrekker PMB en wen 14-7. Daarna speel hulle teen Maritzburg College en verloor 24-26. In die Kwarteindrondte speel hulle teen Glenwood en wen 14-7. Hulle speel in die Semi-Finaal teen Westville en verloor ongelukkig 7-12 in ekstra tyd. Pionier eindig derde algeheel in die toernooi. Dit wil gedoen wees!

Dankie vir die goeie sportmangees. Pionier wil graag van die geleentheid gebruik maak om vir die seuns wat die afgelope tyd, hetsy tydens ‘n krieketwedstryd of rugbywedstryd wat gespeel is, te komplimenteer vir hulle goeie maniere. Dankie vir die goeie sportmangees wat julle getoon het en dat julle altyd Pionier se naam hoog hou, al kom die kritiek soms op ongewenste tye, dis soos water van ‘n eend se rug af. Ons is trots op julle.

Kalender: 12-28 September – Proefeksamen.

Related Articles

Back to top button