Ichthus wen 22 medaljes by atletiekbyeenkoms te Kings Park

“The Joy of the Lord!” wat by die skool sal aangebied word

Op 2 en 3 September het 30 van Ichthus atlete NKZNCSSA by die KZNCSSA atletiek in Durban verteenwoordig en pragtige uitslae behaal! Baie geluk aan die NKZNCSSA, bestaande uit twee skole, naamlik Domino Servite en Ichthus Christelike Skool, wat 18 van die 19 aflositems gewen het! NKZN het ook die eerste plek gedeurende die atletiekbyeenkoms behaal met 2739 punte!
Ichthus sê baie dankie aan ons ouers wat die leerlinge geneem het, asook aan ons personeel, Mevv Yvonne Tiley, Susan Caldecott, Anelia Kriel, Carla Pretorius, Lydia Meintjes en Mnr Keagan Reis, wat as beamptes opgetree het. Baie geluk aan ons atlete met hulle medaljes:
0/8: Luyanda Mbonani: 2de – 60m, 2de – 80m. Raphael Mazibuko: 2de – Turbo Spiesgooi. Musa Mazibuko: 3de – 600m, 3de – 80m.
0/9: Faith Mazibuko: 1ste – Turbo Spiesgooi.
0/10: Sandisiwe Ncube: 1ste – Gewigstoot, 3de – Turbo Spiesgooi.
Refiloe Motsepe: 3de – Gewigstoot. Khwezi Molefe: 2de – Hoogspring.
0/11: Siphume Ntombela: 1ste – Turbo Spiesgooi, 2de – Hoogspring, 3de – Verspring, 2de – 100m. Zandisiwe Maphalala: 2de – Turbo Spiesgooi. Roseline Mumpi: 2de – Gewigstoot.
0/12: Amy-Faith Stein: 1ste – 100m, 2de – 150m. Joyce Cibyayi: 3de – 1200m.
0/13: Ntumiseng Motloung: 2de – Diskus, 2de Spiesgooi.
0/14: Thayne Tiley: 1ste – Diskus.
Baie geluk aan Faith Mazibuko (Graad 2) wat die tweede meeste punte, 914 ASA-punte, vir dogters o/9 as individuele prestasie vir Turbo Spiesgooi behaal het!
19 van hierdie leerlinge het die minimum kwaliferende prestasie behaal en dring dan deur na die SACSSA-byeenkoms wat DV op 23 en 24 September 2016 te Sasolburg gehou sal word.
Aan God al die eer vir ons leerlinge se talente en prestasies!
Toneelopvoering: 27, 28, 29 September
Ichthus nooi die publiek uit na die toneelopvoering “The Joy of the Lord!” wat by die skool sal aangebied word.
Plekbesprekings is noodsaaklik en die skoolkantoor kan by tel. 034-2121276 gekontak word. Ichthus sien daarna uit om almal hier te ontvang!

Exit mobile version