Dominee verloor sy hare

Ds de Lange het met blydskap op gedok

Op Saterdag 27 Augustus het NG Gemeente Ladysmith hulle jaarlikse basaar gehou.

Ons dank die Here vir ‘n pragtige dag, mooi gesindhede en lidmate wat kan!

Graag wil ons die gemeenskap van Ladysmith bedank vir hulle ondersteuning.

Dankie dat julle kom kuier het en die dag saam met ons geniet het. ‘n Besondere woord van dank aan Monument se kore wat kom optree het, sowel as die marimba orkes van Hamilton.

Dankie dat julle bygedra het tot die feestelikheid van die dag.

Die kerkraad het ‘n mikpunt vir die dag gestel en Ds de Lange moes vir ‘n tyd lank baard en hare groei, sodat wanneer die teiken behaal word, iemand die geleentheid gaan hê om dit af te skeer.

Nou ja, die mikpunt is oorskrei, en Ds de Lange het met blydskap op gedok!

Weer eens, baie dankie vir almal se onderseuning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version