communityLocal newsNewsSchoolsWall of fameYouth Revolution

Sarel’s Zama realises her life-long dream

"My heart for worship keeps growing, and I couldn't be happier..."

Zamantungwa Zwane (23), voormalige leerder aan Hoërskool Sarel Cilliers het op 2 Augustus haar grootste droom verower. Zama kom uit ‘n baie musikale familie.
Haar pa, Themba Wiseman Zwane, is een van die hoogs geproklameerde komponiste en dirigente in KwaZulu-Natal en dis waar Zama se liefde vir musiek begin het.
Op die ouderdom van 11 jaar het Zama in die skoolkoor begin sing en sy kyk verseker nie een dag terug nie.
Op hoërskool het sy soveel ondersteuning gehad, en onderwysers wat in haar geglo het, dat sy in haarself begin glo het. So het sy uiteindelik besluit om vir oudisies vir die Noord KwaZulu-Natal Jeugkoor te gaan, wat op daardie stadium onder leiding van Mnr William Silk was, vir wie Zama baie respek gehad het.
“The prepping for the first audition was nerve wrecking, but not as much as the first audition” en so het Zama lid geword van die 2009/2010 NKZN Jeugkoor waar wyle, Mnr Butt, as dirigent vir 2010 oorgeneem het. Sy is daardie jaar ook aangwys as Onderhoofdogter van Hoërskool Sarel Cilliers vir die jaar 2010.
Nuwe begin….
In 2011 het Zama na Durban verhuis, waar sy haar Universiteits loopbaan gaan voortsit het en nie gedink dat sy ooit weer wou sing nie. Tot die dag wat sy by “Olive Tree Chruch” in Floridaweg, Durban ingestap en dadelik veilig gevoel het. Daar het sy by ‘n verbindings span aangesluit en dadelik deel geword van die bediening.
‘n Maand of twee later het sy ‘n baie interessante gesprek met Pastoor Justin Elson gehad en deel geword van ‘n aanbiddings span en begin leiding neem.
“These guys at the OTC saw something in me I had never seen in myself. I saw myself growing as a singer, and most importantly as a worship leader.” Op 2 Augustus 2016, het Zama en haar groep hul eerste album “Grave to Glory” by “The Playhouse Company” in Durban vrygestel, waar dit as nommer 3 in die afdeling “Most bought albums in South Africa” en ook as nommer 1 op iTunes in die Gospel Genre verskyn het.
“My heart for worship keeps growing, and I couldn’t be happier, and the fact that I get to worship our Father with a team of such great musicians and passionate leaders, makes it even sweeter.”
Dis skool is ongelooflik trots om te kan sien hoe ver Zama tot dusver gekom het en ons wens vir haar alle sterkte toe vir dit wat nog mag voorlê.

Related Articles

Back to top button