Bianca – Ichthus se hokkie-bokkie!

Weereens baie geluk aan Bianca wat Ichthus se naam hoog gehou het.

Bianca Meintjes is vir die 0/13 KwaZulu Natal Binnelandse D-span, gekies waar sy op 3 tot 7 Julie aan die sentrale toernooi in Pietermaritzburg, deelgeneem het. Bianca en haar span het by Maritzburg College geslaap en elke dag twee wedstryde op die Astro-velde gespeel. Die span het teen Noord-Vrystaat, Oos-Kaap, Noord-Transvaal, Suid-Vrystaat, Gauteng en Durban te staan gekom. Die finale wedstryd is op Donderdag 7 Julie gespeel en die KZN D-span het 14de geëindig. Dankie aan Mnr Blessing Khumalo en die toegewyde personeel wat die span afgerig en ondersteun het. Weereens baie geluk aan Bianca wat Ichthus se naam hoog gehou het.

Exit mobile version