Local newsNewsSchoolsBreaking News

Nuus uit Nederland

‘n GROEP van 30 skoliere en vyf onderwysers het in die Junie/Julie vakansie getoer na Nederland.

 

‘n GROEP van 30 skoliere en vyf onderwysers het in die Junie/Julie vakansie getoer na Nederland.

Hulle het die Eiffeltoring besoek en paddabeentjies genuttig! Hulle het ook op hierdie toer met baie nuwe kulture en leefwyses kennis gemaak. Tydens die toer het hulle pragtige landskappe besigtig, meer geleer oor die oorsprong van Afrikaans, en geleer hoe sjokolade en ‘slaptjips’ gemaak word.

Die majestieuse kastele van Belgie het hulle asems weggeslaan en hulle het die voorreg gehad om die Mona Lisa te besigtig in die Louvre Museum. Die toer was ook gepak vol avonture soos om fiets te ry in die strate van Amsterdam.

Nuwe vriendskappe is gesmee en elke liewe leerder en onderwyser is dankbaar vir die geleentheid wat aan hulle gegun is.

 

PionierSkyfskiet: Meneer en Mevrou Vermaak het ‘n skyfskietkursus bygewoon van 26 – 29 Junie, tydens die vakansie by Hoërskool Florida in Pretoria. Tydens hierdie kursus het hulle baie nuwe tegnieke aangeleer wat hulle vir die skuts kan aanleer en Mevrou Vermaak het meer geleer oor die dieet wat ‘n skut behoort te volg. Hulle gaan nou vir Pionier se skuts meer kan leer oor hoe om voor te berei om eendag professionele skuts te word. Baie dankie Meneer en Mevrou Vermaak.

Sport tydens die vakansie: KZN Netbal: o/14: Shanté Veltsman was die kaptein van hierdie span en haar span het derde uit nege provinsies geeindig aan die einde van die toernooi. o/15: Hierdie span was opgedeel in twee spanne en hulle het verskeie wedstryde gespeel waarvan hulle ‘n paar gewen en ‘n paar verloor het. o/16: Hierdie span het twee wedstryde verloor en sewe gewen. Welgedaan!

Rugby: Plattelandspan: Marco Fuhri was die kaptein van die o/19 Plattelandspan. Ewart Potgieter en Jacques Lindeque was ook deel van hierdie span. Al drie van hulle het hulle harte uitgespeel en elke oomlik van die toernooi geniet. Hulle het drie wedstryde gespeel: Griekwas (wen 64-35) Pumas (wen 32-27) en Cheetahs (verloor 44-10)

VKB – Rugbyspanne: Meldon Bezuidenhout het aan die Reitzweek deelgeneem waar hy in die o/19 VKB span ingesluit was en deelgeneem het. Hulle het drie wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het. Marno Crathorne is ook opgeneem in die o/16 VKB span. Baie geluk!

Hokkie: o/16 KZNI: Chantelle Kriek en Wilma Gregory het as deel van die Country District hokkiespan deelgeneem teen teen ander KZN spanne, tydens die vakansie. Hulle het sewe wedstryde gespeel waarvan hulle twee gewen het, drie verloor het en twee wedstryde gelykop gespeel het. Welgedaan, meisies.

Program: 18 – 20 Julie – Krieketproewe, 21 Julie – Fast 5 Cup 1, 22 Julie – Musiekblyspel oefening en 23 – 24 Julie – Krieket oefenkamp.

Find us on: Facebook,  Twitter, and on whats app 060 986 0731.

 

Related Articles

Back to top button