Leerlinge Bedrywig gedurende vakansie

Verskeie leerlinge het die skool en provinsie die afgelope vakansie op sportgebied verteenwoordig.

Verskeie leerlinge het die skool en provinsie die afgelope vakansie op sportgebied verteenwoordig.

Caitlin Keightley en Kayla Becker het KZN-Binnelande o/13 op die hokkieveld verteenwoordig by ‘n toernooi waar meer as tien ander provinsiale spanne verteenwoordig was. Die KZN span slaag daarin om die toernooi te wen met Kayla Becker wat daarin kon slaag om die derde meeste doele tydens die toernooi aan te teken. Caitlin was onderkaptein van hierdie seëvierende span. Nadine van Wyk was onderkaptein van die KZN-Binnelande o/12 hokkiespan. By dieselfde toernooi slaag haar span daarin om algeheel tweede te eindig. Baie geluk aan hierdie dogters en die KZN-spanne wat so goed gevaar het.

AJ Knoetze en Jan-Rieck Swart het KZN weer op die rugbyveld verteenwoordig. Beide het die B-spanne verteenwoordig. AJ het puik gevaar by ‘n interprovinsiale toernooi vir o/12’s en is per geleentheid as “man van die wedstryd” aangewys. Jan-Rieck het weer die o/13 interprovinsiale toernooi in Sasolburg bygewoon en die afrigters was baie beïndruk met hom.

Bulletjie Rugby: Josh Jordaan, ‘n leerling in Gr 2, het die Natalse-rugbyunie die afgelope skoolvakansie besoek en verskeie van die spelers ontmoet het. Josh het ‘n trofee van die rugbyunie ontvang vir meeste drië in Suid-Afrika gedruk met bulletjie vir twee seisoene. Ons is baie trots op Josh vir die 53 drië wat hy gedruk het en vir hierdie mooi trofee wat ontvang is.

Netbalbaan: Daar is die afgelope vakansie fluks gewerk aan LMS se nuwe sement-netbalbaan. Die meeste van die werk is afgehandel met net afrondingswerk wat nog gedoen moet word. Borge sal weldra van die opening in kennis gestel word en op gepasde wyse bedank word en erkenning kry.

Gholfdag: Eerskomende Saterdag word LMS se gholfdag by die plaaslike gholfbaan aangebied. Alle gholfspelers word uitgenooi om die skool met hierdie poging te ondersteun. Daar is vele pragtige pryse wat ingepalm kan word en verversings word gedurende die dag voorsien. Die verrigtinge word met ‘n spitbraai en prysuitdeling die aand afgesluit.

Program: 23 Julie – LMS Gholfdag, 25 Julie – Oueraand 16:30 – 19:00, 26-28 Julie – Borgkompetisie (spel en wiskunde), 29 Julie – Wintersport prysuitdeling.

FOTO: Josh Jordaan, saam met sy pa, Mnr. Jordaan, nadat hy sy trofee ontvang het.

Find us on: FacebookTwitter, and on whats App 060 986 0731.

 

Exit mobile version