Ichthus sê totsiens aan Jurita Malan!

Ichthus personeel en leerlinge sê met hartseer totsiens aan Mev. Jurita Malan wat vir die afgelope twee jaar deel van die personeel was.

Ichthus personeel en leerlinge sê met hartseer totsiens aan Mev. Jurita Malan wat vir die afgelope twee jaar deel van die personeel was.  Mev. Malan sal veral onthou word as die graad 2 onderwyseres, vir haar netbalafrigting, waar sy die Ichthus skoolspan tot groot hoogtes gelei het en hulle vir twee jaar na mekaar, vir die eerste keer in die geskiedenis, die KZNCSSA 0/13 netbaltoernooi gewen het. Mev. Malan was verder deel van die Bestuursspan by die skool, waar sy hierdie jaar die portefeulje “sport” beklee het. Die gesin verhuis na Malmesbury in die Wes-Kaap en ons bid hulle die Here se rykste seën toe.

Exit mobile version