Ichthus Afrikaanse Redenaars met toewyding aangepak

Baie dankie aan al die deelnemers, asook aan die ouers en Mev. Zelma Emslie wat die leerlinge met die voorbereiding gehelp het.

Verskeie leerlinge van Ichthus Christelike Skool het die moed aan die dag gelê om aan die jaarlikse Ichthus Redenaarskompetisie deel te neem. Ja-nee, dit is geen grap om voor ‘n hele saal vol leerlinge te probeer om jou standpunt te stel nie!
Ichthus wens vir Tiana Maritz (Graad 7 Huistaal) en Anél de Goede (Graad 7 Huistaal) geluk met hul gedeelde eerste plek in die Graad 6 en 7 Huistaal-afdeling, sowel as Sihle Maphalala met haar eerste plek in Graad 6 en 7 Eerste Addisionele Taal-afdeling. Rhuben Malan (Graad 4 Huistaal) het die Junior Graad 4 en 5 Huistaal-afdeling gewen.
Mag die ondervinding wat hul hier opgedoen het, hul vorentoe tot hoër hoogtes aanspoor.
Baie dankie aan al die deelnemers, asook aan die ouers en Mev. Zelma Emslie wat die leerlinge met die voorbereiding gehelp het.

Exit mobile version