EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Verskuiwing van Newcastle Gemeenskapskerk na Grace Park

Daar is groot opgewondenheid onder die lidmate van die Newcastle Gemeenskapskerk. Na twee en n half jaar wat hulle by The Pines bymekaar gekom het, het hulle nou die wonderlike voorreg om na die fasiliteite van Grace Park te verskuif.

Daar is groot opgewondenheid onder die lidmate van die Newcastle Gemeenskapskerk. Na twee en n half jaar wat hulle by The Pines bymekaar gekom het, het hulle nou die wonderlike voorreg om na die fasiliteite van Grace Park te verskuif.

Newcastle Gemeenskapskerk is gestig op 4 Augustus 2013 as ‘n onafhanklike gemeente met affiliasie by The Christian Fellowship of Ministries. Die gemeente is gegrond op die Gereformeerde leer wat ruimte wil skep vir alle gelowiges om hulle geloofslewe uit te leef. Hulle sien hulle self as staande tussen die drie Susterskerke en die Pinksterkerke. Die Bybel is vir hulle die enigste onfeilbare en onvervangbare Woord van God.

Met hulle roeping Om ‘n veilige hawe te skep vir mense, streef hulle daarna om ‘n plek van aanbidding en gemeenskap van gelowiges te skep waar hulle in God se hawe herstel kan word en vars voorrade kan inneem vir hulle reis op die onstuimige waters van die lewe. Hulle kan net getuig van die Here se seën die afgelope twee en half jaar in die uitleef van hierdie roeping.

Hiermee wil hulle Huyser en Beth Koch bedank vir die tydperk wat hulle die gemeente in The Pines gehuisves het. Hulle het onvoorwaardelik hulle deure oopgemaak vir die gemeente. Dit is egter nou tyd om aan te beweeg na die volgende fase en daarom wil hulle The Church of the Nations bedank vir die voorreg om die pragtige geboue van Grace Park te kan gebruik.

Die eerste dienste is Sondag, 7 Februarie om 8.30vm en om 6nm. Hulle nooi alle belangstellendes uit om hierdie vreugdevolle dag saam met hulle te kom vier. Aan God kom al die eer toe vir hierdie wonderlike mylpaal in die gemeente se bestaan.

 

What are your views about this story?
Tell us by posting on our Facebook timeline, Newcastle Advertiser or tweet us at @nnadv.
Add us on BBM for the latest news in your community. PIN: 2B6C7269, or join our news service on WhatsApp.

(Please note: Comments posted on this issue may be used for publication in the Newcastle Advertiser)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button