Konserttyd is prettyd by LMS

LMS Konsert: Fyn tydsberekening, harde werk en deursettings vermoë vermeng met entoesiasme en kreatiwiteit het net een resultaat: ‘n opwindende week van dans, sing, musiek en konsert hou. Dit was ook ‘n tyd waarin elke personeellid o.l.v. mev. Minicke Burger skouer aan die wiel gesit het en na ‘n spanpoging duisend ‘n onvergeetlike skouspel opgetower …

LMS Konsert:

Fyn tydsberekening, harde werk en deursettings vermoë vermeng met entoesiasme en kreatiwiteit het net een resultaat: ‘n opwindende week van dans, sing, musiek en konsert hou. Dit was ook ‘n tyd waarin elke personeellid o.l.v. mev. Minicke Burger skouer aan die wiel gesit het en na ‘n spanpoging duisend ‘n onvergeetlike skouspel opgetower het.

Elke leerling van LMS was deel van Tina Kruger se “Vark soek ‘n vrou.” Professionele klank en beligting het ook bygedra tot die puik standaard van die opvoering. Verskeie skole van die omgewing het LMS ondersteun.

Baie dankie Karnallie, Nardini, HSPionier, Vryheid Hoër, NRS en Michaelis. Julle was puik gehore.

Ouerondersteuning met die van dekorverf, toesig hou en grimering aansit en die feit dat u, u kind ondersteun het om aan die konsert deel te neem, was ‘n riem onder die hart. LMS wees is ‘n fees!

Kondisioneringsprogram:

Mnr Andre Small, ‘n gewese ouer en bekende van Vryheid, bied aan elke leerling van LMS die geleentheid om topfiks te raak en aan die beweeg te kom.

Inskrywings 2016:

Alle voornemende LMessers vir 2016 wat insluit gr RR tot en met graad sewe word aangemoedig om u inskrywingsvorms te voltooi en in te handig by die skoolkantoor.

Beplanning vir die nuwe jaar en saamstel van die begroting word nou afgehandel. Baie dankie vir u ondersteuning in die verband.

Kalender:

19 Oktober : Krieket- en tennistoekennings;

19 Oktober : Tenniskampioenskappe.

Exit mobile version