Drama is ‘n fees by Ichthus

Baie geluk aan al die leerders met hulle pragtige uitslae!

Ichthus bied elke tweede jaar ‘n dramafees by die skool aan wat al om die tweede jaar met ‘n toneelopvoering afgewissel word.
Ichthus bedank al die leerlinge wat met oorgawe aan die dramafees deelgeneem het! Ichthus bedank ook vir Mev Zelma Emslie wat die geleentheid georganiseer het en die personeel en ouers wat gehelp het. Die gala-aand is op Dinsdag, 25 Augustus 2015 gehou en ouers is aan ‘n wye verskeidenheid van gedigte, spreekkore en ‘n toneelopvoering blootgestel.
Uittreksels uit die program is as volg:
Die Graad 1-klas, onder leiding van Mev Ruth Malan het ‘n spreekkoor, “Owls”, gelewer. Mev Jurita Malan se Graad 2-klas het ‘n spreekkoor, “Team Work”, voorgedra. Mev Anelia Kriel se Graad 3-klas het “Teacher’s pet” opgevoer. Die Graad 4-klas, onder leiding van Mev Tarryn Long, het die toneel, “The Green Machine”, opgevoer. Mev Yvonne Tiley se Graad 5-klas het humor aan die aand verleen met hul spreekkoor, “Durban Station”. Die Graad 6 meisies het nie teleurgestel nie: Anél de Goede het ‘n monoloog “Oupa noem my Toffie” voorgedra en Bianca Meintjes en Tiana Maritz het ‘n dialoog “Lazarus kom te ruste” opgevoer. Die Graad 7-klas, onder leiding van Mev Sandy Browning, het die toneel “The Happy Prince” opgevoer, wat die gehoor baie laat nadink het.
Die skool bedank Mev Helga de Jager wat as feessekretaresse opgetree het, asook Mev Shirley Wade wat die beoordelaar was. Ons waardeer hulle tyd en moeite! Baie geluk aan al die leerders met hulle pragtige uitslae!

Exit mobile version