DJS stars in Solis Vir Christus

Baie geluk, hou so aan!

Daar is op 8 September geskiedenis gemaak by DJS. ‘n Span van ABS Produksie, onder die leiding van Anthonie Bougas het die skool besoek en opnames gemaak wat op 25 Oktober om 16:00 op kanaal 146 uitgesaai word.
DJS is baie trots op die interessante DVD wat van die skool gemaak is. Die tweede deel van die besoek het die aand plaasgevind toe 14 leerders aan die Solis vir Christus kompetisie deelgeneem het. Almal in die propvol saal kon per SMS vir hul gunstelling sanger stem en Zimichke Snyman is aangewys as die gehoor se gunstelling. Renier van Rensburg, TJ Basson en Pieter Viljoen , ‘n oud leerling van DJS, dring ook deur na die finaal wat later in Pretoria gehou sal word. Baie geluk aan die 4 DJS’sers. Die skool is baie trots op julle.
Die skool bedank The Oval Gastehuis vir die verblyf aan die Produksiespan en die DJS leerlinge en onderwysers wat ‘n Kultuuraand van baie hoë gehalte aangebied het. A word of thank you to the public and parents for their support.
DJS Bybelvasvra
Dundee Juniorskool neem weereens die jaar deel aan die Rapportryers se Bybelvasvra kompetisie. Die kinders het goed gevaar in albei rondtes en DJS is uiters trots om te kan sê dat een van die spanne die provinsiale wenner is uit KZN. Christinet Zaal, Dee-Mari Kriel, Charné Stoop en Paula Coetzee is uiters opgewonde oor hul prestasie. Dundee Juniorskool wens almal geluk!
Tennissterre by DJS:

DJS is trots op ons eertse tennisspan wat Michaelis Maandag 7 September 2015 met 13 – 3 en Donderdag 10 September 2015 Lucas Meyer Laerskool van Vryheid met 11 – 5 wedstryde geklop het.
DJS se tennissterre is Dee-Mari Kriel, Nicole Johnson, Susan Gregory, Anuchca Slabbert, Reynier van Rensburg, Schalk Meintjes, Zander Abrams en Wikus Coetzee.
Baie geluk, hou so aan!

Exit mobile version