Vryheid Voëlklub – Geluk met julle prestasies

VIER van Vryheid Voëlklub se lede het deelgeneem aan die Voëlskou wat gehou is deur Pietermaritzburg Canary and Cage Bird Club. Die skou was gehou op 2 Mei. Dit was die 13de Jong Voëls skou wat Pietermaritzburg aangebied het. Daar was 9 Kanarie Spesies met 254 inskrywings en ook 12 Wilde Voëls. Die vier lede …

VIER van Vryheid Voëlklub se lede het deelgeneem aan die Voëlskou wat gehou is deur Pietermaritzburg Canary and Cage Bird Club. Die skou was gehou op 2 Mei. Dit was die 13de Jong Voëls skou wat Pietermaritzburg aangebied het. Daar was 9 Kanarie Spesies met 254 inskrywings en ook 12 Wilde Voëls.

Die vier lede van Vryheid Voëlklub het besonders goed gedoen op hierdie skou. Van die 9 Kanarie spesies wat geskou is het die vier lede 7 van die afdelings gewen. Hulle resultate was soos volg:

Kobus Craffert wen Beste, 2de, 3de en 4de Beste North Durch Frill. Beste Clear, Lightly Variegated en Heavy Variegated North Dutch Frill.

Andre Van Schalkwyk wen Beste Blou Kleur Kanarie. Beste, 2de en 5de Beste Rooi Kanarie. Asook Beste Oranje, Mosaic en Brons Rooi Kanarie.

Marieta Scheepers wen die Beste Silver en 2de Beste Lizard Kanarie. Beste en 2de Best Nuwe Kleur Kanarie asook Beste Citron en Ivory Kleur Kanarie op die Skou.

Andre Barnard wen Beste Parisian Frill Kanarie op skou asook 2de, 3de en 4de plekke en Beste Lightly Varigated asook Heavy Varigated Parisian Frill Kanarie op skou. 5de Beste en Beste White Ground North Dutch Frill Kanarie. Beste, 2de, 5de en Beste Crested en Lightly Varigated Fiorino Kanarie. Beste, 3de Beste, Beste Gooud Broken/Non Cap Lizard Kanarie. Kleur Kanaries het hy 3de, 4de en 5de plekke en Beste Agaat Pastel, Pastel alle kleure gewen. 3de, 4de Beste Rooi Kanarie op Skou.

Nogmaals geluk met julle prestasies.

Sterkte vir die volgende skoue wat aangebied word deur Durban Kanarie Klub asook Pretoria se Ope Skou wat op Saterdag 16 Mei plaasvind.

Vir enige navrae kan André of Carel gekontak word by 081 363 3136 of 034 981 6306.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version