EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Vryheid Voëlklub lede doen goed op Goudveldse Kouvoël vereniging skou

HENNEMAN is miskien ‘n stil Vrystaatse dorpie maar hou een van die mees mededingendste kanarie spesie skoue in die land. Die gasvryheid van die gasheer klub en in besonder Helen en Hennie van der Merwe is iets om te beleef . Vryheid klub wil hul bedank en gelukwens met nog ‘n suksesvolle skou. Net ses …

HENNEMAN is miskien ‘n stil Vrystaatse dorpie maar hou een van die mees mededingendste kanarie spesie skoue in die land. Die gasvryheid van die gasheer klub en in besonder Helen en Hennie van der Merwe is iets om te beleef .

Vryheid klub wil hul bedank en gelukwens met nog ‘n suksesvolle skou. Net ses van die elf spesie kanaries wat in Suid- Afrika geskou word, is aangebied. Dit was Saterdag, April 25, hul 10de skou wat aangebied was.

Hul eerste, was in 2005 en was net ‘n Frill kanarie skou en net twee tipe Frill kanaries was geskou, naamlik die Northern Dutch Frill en die Parissian Frill. Al die beste tellers van die twee spesies het die skou bygewoon . Mnr Koos Kriel van Vryheid was die enigste beoordeelaar op

die skou.

Op die skou was nog ‘n spesie Frill kanarie aan die vertoners voorgestel, naamlik die Fiorino Frill kanarie en is die spesie vir die eerste keer in 2006 geskou.

Daar word nou nog drie bykomende spesies geskou, naamlik die Lizard kanarie Kleur Kanaries en Rooi Kanaries. Vier van Vryheid se lede het aan hul tiende skou deelgeneem en kompetiesie van hoogstaande gehalte met rekord inskrywings in die meeste spesies.

Vryheid lede doen goed en kry heelwat eerste plekke in onderskeie klasse.

Pryse gewen in die finale deur Vryheid lede is soos volg:

Kobus Craffert 7de Beste Fiorino Frill.

Andre van Shalkwyk Beste Blou kanarie op skou.

Marieta Scheepers 5de en 7de Beste Kleur kanarie. Beste Groen, Silver Agate, Donker Opel of Pastel en Beste Satinette of Enige ander Kleur Kanarie.

Andre Barnard 2de en 4de beste en beste hen, donker ivory, goud en ivory Kleur kanarie. 2de Beste en Beste Jong Parissin Frill 2de, 5de, 6de Beste en Beste Ope

North Dutch Frill 5de en 6de Beste Fiorino frill.

Sterkte aan al die lede wat in Pietermaritzburg, Durban en Pretoria skoue gaan deelneem .

Geluk ook aan Hendry Annandale wat al sy beoordeelaar toetse suksesvol voltooi het.

Belangstellendes wat by die klub wil aansluit kan Andre of Carel kontak by 081 363 3136 of 034 981 6306.

Vryheid se skou word die 20 en 21ste Junie gehou en sal weer op ‘n later stadium daaroor berig.

.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button