Vryheid Atletiekklub – Valentynsdag pret met VAC

Sommiges het meer liefde ervaar as ander en sodoende twee rondtes gedoen om 5km af te lê, ander het 2,5km afgelê. Geluk aan elkeen wat deelgeneem het en ons hoop julle geniet julle pragtige medaljes.

OP MAANDAG, 9 Februarie, het om en by 400 liefdevolle mense aan die Dee’s Valentyns pretdraf deelgeneem!

Sommiges het meer liefde ervaar as ander en sodoende twee rondtes gedoen om 5km af te lê, ander het 2,5km afgelê. Geluk aan elkeen wat deelgeneem het en ons hoop julle geniet julle pragtige medaljes. Die skool met die meeste deelnemers was Lukas Meyer! Baie geluk en dankie vir julle ondersteuning. A big thank you to our sponsor, Dee’s Restaurant and Bar, for the brilliant venue, live music, food, water point, etc. The vibe was amazing!

Ons volgende 5km pret draf vind plaas by Natal Spa, op Sondag, 15 Maart, te same met 10km, 21km en 42km wedlope. Dit gaan ook ‘n fantastiese geleentheid wees vir die hele gesin om aan deel te neem. Die hele gesin het dan ook toegang tot die Gooderson Leisure Natal Spa oord vir die dag.

Donderdagaand, 12 Februarie, se Tekkie Tydtoets was ook ‘n groot sukses! Dankie aan die komitteelede wat die klubhuis so pragtig versier het en aan die lede wat bykosse voorsien het. Dit was heerlik gewees om daar ook soveel liefde te ervaar. Hou gerus die koerant dop vir ons volgende Tekkie Tydtoets wat weer ‘n tema gaan hê en op daardie aand word die bykosse dan by die klub voorsien en julle hoef net ‘n vleisie te bring om te braai.

Andersins is daar ‘n tydtoets elke donderdag om 5:30nm. Daar is 5km of 10km roetes wat gehardloop of gestap kan word.

Geluk aan ons lede wat sondag, 15 Februarie, aan die Dumbe wedloop deelgeneem het. Geluk veral aan Lorraine van der Nest wat eerste in haar ouderdomskategorie bo 60 geëindig het in die 21km, Cathy de Beer wat tweede was in haar ouderdomskategorie tussen 50 – 59 jaar in die 21km en aan Smuts van der Nest wie ook tweede was in sy ouderdomskategorie bo 60 in die 10km wedloop. Die uitslae is elders in die koerant te vind.

Hierdie naweek is daar Saterdag, 21 Februarie, die Assegaai 21km en 42km wedloop in Piet Retief en Sondag, 22 Februarie, dieselfde afstande in Pietermaritzburg. Baie sterkte aan ons lede wat daar gaan deelneem.

Ons herinner graag ons huidige lede of iemand wat wil aansluit om op www.athletics.org in te teken en klubgelde aan Vryheid Atletiekklub te betaal. Lisensies sal slegs tot einde Februarie beskikbaar wees.

Vir verdere besonderhede kontak gerus ons sekretaresse, Carla by 084 477 7704.

Exit mobile version