Vryheid meisie doen dit weer

Judy Kriel, ‘n oud-leerling van NRS en Hoërskool Vryheid, is op 24 Oktober by die Pendoring-reklamekompetisie se glansryke bekroningsaand by Vodacom World in Midrand aangewys as die enigste student wat ‘n goue Pendoring vir haar kategorie verower het. Saam daarmee is sy ook as die algehele studentewenner aangewys. Die beoordelaars was vol lof vir haar …

Judy Kriel, ‘n oud-leerling van NRS en Hoërskool Vryheid, is op 24 Oktober by die Pendoring-reklamekompetisie se glansryke bekroningsaand by Vodacom World in Midrand aangewys as die enigste student wat ‘n goue Pendoring vir haar kategorie verower het. Saam daarmee is sy ook as die algehele studentewenner aangewys. Die beoordelaars was vol lof vir haar sterk konsep en goeie uitvoering. Judy het haar vier jaar B.A. Grafiese Ontwerp-graad aan die einde van 2013 aan die Noordwes-Universiteit voltooi en is tans besig met ‘n nagraadse diploma in besigheidsbestuur aan dieselfde universiteit. Dit is nie die eerste keer dat sy ‘n nasionale ontwerpkompetisie wen nie. In 2012 was sy ook die wenner in haar afdeling en die nasionale studentewenner in die “Goldpack”- kompetisie. Haar inskrywing is ook ingeskryf vir ‘n internasionale kompetisie waar sy een van die top vyftien meriete-sertifikate ontvang het. Die redakteur van die Beeld, Adriaan Basson, het die prys namens Media24 oorgehandig.

Exit mobile version