communityEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Boerekommando tydens Slag van Talana-herlewing die beste in jare

Die manne was trots op hul geskiedenis, en waarom nie? Die sing van die 'Transvaalse Volkslied' voor die Britse kamp het waardering van die skare uitgelok, en daar is heelwat belangstelling vir volgende jaar.

Die historiese voorstelling van die Slag van Talana het wye belangstelling gelok, en mense het van van so ver as Postmasburg gekom om dit te kom bywoon. Manne en vroue het van Vryheid, Bloemfontein, Potchefstroom en Postmasburg gekom om te kom kamp opslaan teen Talanaheuwel.
Die Boerekommando het gelukwensinge van heidne en verre gekry oor hulle voorkoms, en baie van die manne het baie outentiek gelyk.
Die Boere-kontingent van Vryheid en Bloemfontein het baie moeite gedoen om so ‘n histories-korrekte voorstelling as moontlik gedoen.
Morgan Gregory, MC Heunis, Johan Wolfaardt, Johan Fourie en Abrie Kilian het groot werk gedoen om die herlewing te laat realiseer, en het selfs ‘n saluut van die SA Irish in die straatparade gekry.Vir die eerste keer was daar was selfs ‘n agterrryer – Twin Mosia – wat al die pad van Postmasburg gery het om sy ‘dienste’ as agterrryer aan die kommando te kom aanbied!
Die manne was trots op hul geskiedenis, en waarom nie? Die sing van die ‘Transvaalse Volkslied’ voor die Britse kamp het waardering van die skare uitgelok, en daar is heelwat belangstelling vir volgende jaar.
Boere, julle is gewaarsku – wees reg…!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Northern Natal News in Google News and Top Stories.

Terry Worley

Terry Worley has been associated with the Courier for many years and is involved in the community covering a variety of issues affecting residents. He has a passion for local politics and for the history of the area.

Related Articles

Back to top button