communityEntertainmentLifestyleLocal newsNews

Boerekommando tydens Slag van Talana-herlewing die beste in jare

Die manne was trots op hul geskiedenis, en waarom nie? Die sing van die 'Transvaalse Volkslied' voor die Britse kamp het waardering van die skare uitgelok, en daar is heelwat belangstelling vir volgende jaar.

Die historiese voorstelling van die Slag van Talana het wye belangstelling gelok, en mense het van van so ver as Postmasburg gekom om dit te kom bywoon. Manne en vroue het van Vryheid, Bloemfontein, Potchefstroom en Postmasburg gekom om te kom kamp opslaan teen Talanaheuwel.
Die Boerekommando het gelukwensinge van heidne en verre gekry oor hulle voorkoms, en baie van die manne het baie outentiek gelyk.
Die Boere-kontingent van Vryheid en Bloemfontein het baie moeite gedoen om so ‘n histories-korrekte voorstelling as moontlik gedoen.
Morgan Gregory, MC Heunis, Johan Wolfaardt, Johan Fourie en Abrie Kilian het groot werk gedoen om die herlewing te laat realiseer, en het selfs ‘n saluut van die SA Irish in die straatparade gekry.Vir die eerste keer was daar was selfs ‘n agterrryer – Twin Mosia – wat al die pad van Postmasburg gery het om sy ‘dienste’ as agterrryer aan die kommando te kom aanbied!
Die manne was trots op hul geskiedenis, en waarom nie? Die sing van die ‘Transvaalse Volkslied’ voor die Britse kamp het waardering van die skare uitgelok, en daar is heelwat belangstelling vir volgende jaar.
Boere, julle is gewaarsku – wees reg…!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Terry Worley

Editor: NKZN Courier, Newcastle Advertiser and Vryheid Herald.

Related Articles

Back to top button