Local newsLocal sportNewsSport

KZN SABoerperd Streekskampioenskappe 2014

DIE KZN SABoerperdklub het ‘n baie geslaagde Streekskampioenskap by Newcastle aangebied vanaf 15-18 Julie. 128 SA Boerperde was ingeskryf met ‘n totaal van 448 klasinkskrywings. Baie dankie aan Alwyn en Natasha Smit van die Maak ‘n Plan stoet, Leandra wat die borge van die Kampioenskapsklasse se “sashes” was. Ons wil ook al die ander borge …

DIE KZN SABoerperdklub het ‘n baie geslaagde Streekskampioenskap by Newcastle aangebied vanaf 15-18 Julie. 128 SA Boerperde was ingeskryf met ‘n totaal van 448 klasinkskrywings. Baie dankie aan Alwyn en Natasha Smit van die Maak ‘n Plan stoet, Leandra wat die borge van die Kampioenskapsklasse se “sashes” was.

Ons wil ook al die ander borge wat hierdie streekskou ondersteun het deur pryse te borg bedank. Dit word waardeer. Baie dankie aan die lede en deelnemers wat hierdie kampioenskap ‘n sukses gemaak het an aan al die lede wat gehelp het met die skou.

Die beoordelaars was Sandra Bosman (Universeel) en Theuns Pretorius (Tradisioneel) en Judith mc Loed die ringmeester.

Baie geluk aan alle ruiters, eienaars van perde en telers wat klasse en kampioenskappe gewen het. Slegs Groot Kampioen (Supreme Champions) word genoem agv beperkte spasie. Volledige uitslag kan gesien word op www.saboerperd.com

Tradisionele Perd van Skou – Sanlow Kaprive van Sanlow Stoet – Eienaar Manie Lourens.

Universele Perd van Skou – Jurust Impi van Jurust Stoet – Eienaar Koos Uys (Snr).

Universele Teelklasse: U&T Kampioen Hingsvul o/12mnde – Sanlow Pafuri. U&T Merrievul o/12mnde – Maak ‘n Plan Bella Rose.

Junior Hings – Disselboom Levai, Junior Merrie – Sanlow Sprokie, Senior Hings – Bakgat Fatal, Senior merrie – Jurust Honey. Groot Kampioen Reunperd – HAT Swenk, Groot Kampioen Hings – Maak ‘n Plan Hugenoot, Groot Kampioen Merrie – Jurust Honey. Baie geluk aan koos Uys (Snr) van Jurust Stoet wat die Groot (Supreme) Kampioen Merrie gelewer het en aan Maak ‘n Plan Stoet van Alwyn en Natasha Smit wat die Groot Kampioen (Supreme) Hings gelewer het vir 2014 KZN Streekskou in die Universele Teelklasse.

Tradisionele Teelklasse: Kampioen Junior Hings – Calela Belofte, Kampioen Junior Merrie – Sanlow Nikita, Kampioen Senior Hings – Lang Carel Fort, Kampioen Senior Merrie – Sanlow Tsitsikama. Groot Kampioen Reunperd – Calela Oompie, Groot Kampioen (Supreme) Hings – Lang Carel Fort, Groot Kampioen (Supreme) Merrie – Sanlow Tsitsikama. Baie geluk aan Jan vd Wath van die Lang Carel Stoet wat die Groot (Supreme) Kampioen Hings gelewer het aan Manie Lourens van Sanlow Stoet met die Groot Kampioen (Supreme) Merrie.

Ryklasse (Slegs kampioenskap uitslae):

UNIVERSEEL: Kampioen 3 Gang Ryperd o/5 jaar – Jurust Impi (ruiter Danell Theron). Kampioen 3 Gang Ryperd 5jr en ouer – Calista Geliefd. U-Kampioen Volwasse ruiter – Nicolene Scholtz met Mahashi Euro. U-Kampioen Enkeltuig – Goudhoek Ster – drywer Danie Zietsman. U-Kinder ruiter o/11 jaar – Surita Struwig met HAT Swenk. U-Kinder ruiter o/19 jaar – Shannah Mayne met Calista Geliefd. Kampioen Veelsydige Ryperd – HAT Swenkl – Surita Struwig.

DRESSAGE: Champion Children Rider Prelim – Ekeneb Oklahoma – Surita Struwig. Champion Children Rider Novice – HAT Swenk – Surita Struwig.

Champion Junior Rider Prelim – Roemryk Nkosi. Champion Adult Rider Prelim – Jurust Impi – Danell Theron. Champion Adult Rider Novice – Mahashi Euro – Nicolene Scholtz.

TRADISIONEEL: Kampioen 3 Gang ryperd o/5 jaar – Hanzel Bullet. Kampioen 3 Gang ryperd 5jaar en ouer – Sanlow Caprivi. T-Volwasse ruiter 19 jaar en ouer – Chantelle Jooste. T-Kinder ruiter o/11 jaar – Simone Jacobs met Calela Dito. T-Kinder ruiter o/15 jaar – Elzani Campher met Calista Denim. T-Junior ruiter o/19 jaar – Christel Bremer met Lang Carel Albatros. T-Enkeltuig o/5 jaar – Hanzel Bullet. T-Enkeltuig 5 jaar en ouer – Paardekop Uniek. T-3 Gang Ryperd o/5 jaar – Hanzel Bullet – ruiter Hannes Hattingh. T-Gang Ryperd 5jaar en ouer – Sanlow Caprivi – ruiter Michael Rossouw. T-5Gang Ryperd o/6 jaar – Calela Oompie – ruiter Samson Masinga. T-5Gang Ryperd oor 6 jaar – Lang Carel Bastion – ruiter Begi van LC Stoet. Baie geluk aan Jannie Jacobsz van Calela Stoet en Jan vd Wath van Lang Carel Stoet met die 5 Gang Ryperd kampioen vir 2014 KZN Streek kampioenskap.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button