Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Volmaaktheid op die veld

NKZN Krieketproewe : Jaco Coetzee; SW Craig; Wian Davel; Danie Nel; Tiaan Marais en Marnus Christie is ingesluit in die Vryheidstreekspan wat deelneem aan die NKZN proewe te Newcastle. Baie geluk Jaco en Danie wat in die groep ingesluit is wat aan die KZN-Inland proewe gaan deelneem. LMS vs NRS : NRS kolf eerste en …

NKZN Krieketproewe : Jaco Coetzee; SW Craig; Wian Davel; Danie Nel; Tiaan Marais en Marnus Christie is ingesluit in die Vryheidstreekspan wat deelneem aan die NKZN proewe te Newcastle.

Baie geluk Jaco en Danie wat in die groep ingesluit is wat aan die KZN-Inland proewe gaan deelneem.

LMS vs NRS : NRS kolf eerste en teken 62 lopies vir 10 paaltjies aan in 16 boulbeurte. LMS antwoord met 136 lopies vir vier in 20 boulbeurte. SW Craig teken 29 lopies aan, Danie Nel 24, nie uit nie, en Jacques Erwee 22. Marnus Christie neem drie vir agt in vier beurte, Tiaan Marais drie vir 19 in vier beurte en Danie Nel twee vir ses in twee beurte. Baie geluk LMS-eerstes met jul mooi oorwinning.

Die o/11 krieketspan is kookwater en tree weereens as wenners uit die stryd in hul wedstryd teen Michaelis. LMS kolf eerste en teken 89 lopies aan vir vier in 20 beurte. Michaelis teken in hul kolfbeurt 86 lopies vir vier in 20 beurte. LMS wen dus met drie lopies. Baie geluk aan aan Jacques van Nieuwenhuizen wat 28 lopies aanteken.

Die mini-krieketspanne neem deel aan die toernooi te Huttenpark. LMS o/7 span wen albei hul wedstryde teen Egerton en Arborpark. Die o/8 spannetjie verloor albei hul wedstyde teen Huttenpark en Egerton en die o/9 span wen teen Utrecht en SE Vawda.

Baie dankie aan elke ouer wat die dag bygewoon het. Baie dankie juf Marelise Joubert wat aan die stuur was met LMS se reëlings.

Ruitersport: Bernè van Heerden is gekies vir die KZN A en B-span ruitersport, die eeste vier ruiter/perd kombinasie met die meeste punte word vir die A-span gekies en die volgende vier is B-span. Baie geluk, Berné.

Osbraai: Met die Broers se wakker musiek en die heerlike kosse wat voorberei is vir elke gas, was dit weereens ‘n baie lekker kuieraand.

Baie dankie mnr John Kitching, wat aan die stuur staan van LMS se fondsinsamelingsprojekte, asook ‘n bekwame komitee. Dankie, mev Ria de Bruin, vir die bykosse, asook mnr Hennie Schoeman en mnr Kobus Kriel, wat die beesboude gebraai het.

Kalender

11 September : SAOU Werkswinkel – Dr Derick Jackson – Dissipline in skole

12 September : Opedag vir alle gr RR tot gr 7 leerders vir 2015.

Related Articles

Back to top button