EntertainmentLifestyleLocal newsNews

Nederduits Gereformeerde Kerk word 50 jaar oud

Vrydagaand is daar ‘n dinee (R110 per kop) en Dinner for One word opgevoer. Saterdag is daar ‘n potjiekoskompetisie en die beoordeling vind om 6nm plaas. Andries Visagie sorg vir lekker musiek en vir die kinders sal daar ‘n waterwurm, en meer wees.

Die Nederduits Gereformeerde Kerk Newcastle Suid het in 1964 afgestig en is vanjaar 50 jaar oud.

Een van die interessanthede rondom die feesvieringe is ‘n video wat in 1967 met die hoeksteenlegging van die nuwe kerkgebou, asook later dieselfde jaar met die inwyding in Arbor Park gemaak is. Hierdie video met sy stokou tonele het ‘n volgende interessantheid uitgewys, naamlik ‘n koperhouer wat in 1967 ingemessel is langs die hoeksteen met verskeie boodskappe in. Sonder die video sou ons nooit van die houer geweet het nie.

Die houer van rooikoper is deur Isak Hattingh en Ernest Pieterse opgespoor en uitgehaal. Dit bevat boodskappe, kersies van die destydse verjaarsdagkoek en ‘n klomp muntstukke van die jeug se sentlegging. Die gemeente sien uit na ‘n gesellige feesnaweek in September en oudlidmate of ander belangstellendes is welkom om in te skakel.

Vrydagaand is daar ‘n dinee (R110 per kop) en Dinner for One word opgevoer. Saterdag is daar ‘n potjiekoskompetisie en die beoordeling vind om 6nm plaas. Andries Visagie sorg vir lekker musiek en vir die kinders sal daar ‘n waterwurm, en meer wees.

Sondag om 9vm vind die feesdiens plaas. Daar word nie baie gepreek nie. Die diens is meer ‘n viering waartydens onder andere die briewe van destyds gelees word, verhale van destyds vertel word, die sakramente bedien word en ‘n nuwe verjaarsdagkoek deur Joyce Gunter op die tafel kom.

Die jeuggroep gaan soos die jeug 50 jaar terug, ook ‘n dankoffer bring. Hulle groot spaarkoei word dan oopgemaak. Gemeentelede wat wil, gee ook by die geleentheid ‘n feesdankoffer. Vir inligting, skakel Heinrich Theunissen by 0846075448 of epos na heinthe@telkomsa.net.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button