NewsSchools

Hoërskool Volksrust Danssentrum leerders tree op by Vrouedagfunksie

Die vroue is vermaak deur Anerieke la Cock en Tehillah Engelbrect met hulle onderskeie Spaanse dans solo's.

Op 9 Augustus het drie van Hoërskool Volksrust Danssentrum se leerlinge die geleentheid gehad om op te tree tydens die vrouedagfunksie in Volksrust, Gesondheid: Die basis van geluk.

Die vroue is vermaak deur Anerieke la Cock en Tehillah Engelbrect met hulle onderskeie Spaanse dans solo’s. Albei hierdie twee dansers is deur na die SATCH nasionale ronde met hulle Spaanse danse.

Van Hoërskool Volksrust Danssentrum se meer senior dansleerlinge toets ook hulle hand aan choreografie. Nicole de Robillard het die vroue aangenaam verras met haar balletsolo, wat sy self gechoreografeer het.

Baie dankie aan al die mammas wat hierdie pragtige jong dansers so mooi ondersteun.

Related Articles

Back to top button