Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Nuwe Republiek Primêre Skool – Toekomstige krieketster van ons skool gekies

NRS is baie trots op Joshua Stride, wat gekies is vir die o/12A-krieketspan van KwaZulu Natal Binneland. Baie geluk! Verlede Dinsdag het ons o/11-span hulle eerste wedstryd teen Lucas Meyer gespeel. NRS is eerste ingestuur om te kolf, waarna LMS hulle telling verbygesteek het. NRS verloor die wedstryd met 51 lopies. Zander van Greuning en …

NRS is baie trots op Joshua Stride, wat gekies is vir die o/12A-krieketspan van KwaZulu Natal Binneland. Baie geluk!

Verlede Dinsdag het ons o/11-span hulle eerste wedstryd teen Lucas Meyer gespeel. NRS is eerste ingestuur om te kolf, waarna LMS hulle telling verbygesteek het. NRS verloor die wedstryd met 51 lopies. Zander van Greuning en Ntokozo Mnguni was die beste boulers van die dag.

Op Donderdag, 7 Augustus, het ons o/13-span teen Lüneburg te staan gekom. NRS het tweede gekolf en kon nie die opponente se telling haal nie. Hulle verloor met 116 lopies. Joshua Stride was ons beste kolwer, terwyl Hanno Carstens en Franco Carstens die beste boulers was.

Atletiek: Daar heers groot opgewondenheid oor ons atletiekbyeenkoms wat vandeesweek Donderdag en Vrydag op Hoërskool Vryheid se atletiekbaan gehou word. Al ons leerlinge van Graad 3 tot 7 is geesdriftig aan die oefen. Die doel is massadeelname. Die kinders vorm hulle eie spanne in die onderskeie ouderdomsgroepe en trek volgens temas aan.

Visvang: Die NRS-span is die afgelope naweek aangewys as die Natal-kampioenspan. Wynand Marinus is ook die algehele o/13-kampioen in Natal. Die skool is baie trots op hierdie groot prestasie – baie geluk!

Belangrike datums:
14-15 Aug: Atletiekbyeenkoms
21 Aug: o/13 Krieket vs Pongola (w)
23 Aug: o/7 en o/8 Mini-krieket te Utrecht

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button