Lucas Meyer Primêre Skool – Krieketseisoen slaan af op ‘n hoë noot

DIE eerste- en o/11 krieketspan het met goeie oorwinnings hul seisoen begin. Die eerste span, geborg deur Vorster, Robbertse en Coetzee Prokureurs, het pragtig vertoon, met hul netjiese wit drag en oranje pette. Die o/11 span speel teen NRS en klop hul met 62 lopies. NRS teken 42 lopies in 18 beurte vir 10 paaltjies aan en LMS …

DIE eerste- en o/11 krieketspan het met goeie oorwinnings hul seisoen begin. 
Die eerste span, geborg deur Vorster, Robbertse en Coetzee Prokureurs, het pragtig vertoon, met hul netjiese wit drag en oranje pette. 
Die o/11 span speel teen NRS en klop hul met 62 lopies. NRS teken 42 lopies in 18 beurte vir 10 paaltjies aan en LMS antwoord met 104 lopies vir nege paaltjies in 20 beurte. 
Martin Jacobs teken 42 lopies aan en Phillip Louw, JD Jonker en Jacques van Nieuwenhuizen boul netjies en maak dit moeilik vir die kolwers van NRS.
Die eerste span speel teen Michaelis en teken 167 vir twee in 20 beurte aan. Michaelis teken 138 vir vyf paaltjies in 20 beurte aan. 
Baie geluk Jacques Erwee, 58 nie uit nie en Jaco Coetzee 54 nie uit nie. Daniël Smuts neem drie paaltjies vir 10 lopies en Tiaan Marais twee paaltjies vir 18 lopies.
Mnr Coetzee verjaar: Linte, ballonne, kersies, koek en sy gunsteling musiek was deel van Maandag, 11 Augustus se saalbyeenkoms. 
Die hoofleiers het kreatiwiteit aan die dag gelê en mnr Coetzee kon ‘n onvergeetlike dag by die skool beleef. Dit is dan ook meneer se laaste verjaarsdag as deel van LMS. 
Ons wens hom ‘n geseënde en gesonde rustyd toe. Dit was ook ‘n voorreg dat mev Drika Coetzee die spesiale saalbyeenkoms kon bywoon.

LMS Kalender: 
19 Augustus – Klas- en individuele fotodag
20 Augustus – Sportfotos
23 Augustus – Lollos by LMS

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.
Exit mobile version