Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Hoërskool Pionier – Liberty 7 toernooi is net om die draai

PIONIER bedank graag vir Liberty met die oorhandiging van die 7’s rugbytruie. Ons is baie bevoorreg met die groot borg van Liberty om hierdie toernooi ‘n werklikheid te maak. Pionier sien uit om die volgende skole die naweek van 29 en 30 Augustus te verwelkom: St Charles; Montana; Wonderboom; Prince Edward van Zimbabwe; The Warriors; die …

PIONIER bedank graag vir Liberty met die oorhandiging van die 7’s rugbytruie. 
Ons is baie bevoorreg met die groot borg van Liberty om hierdie toernooi ‘n werklikheid te maak.

Pionier sien uit om die volgende skole die naweek van 29 en 30 Augustus te verwelkom: St Charles; Montana; Wonderboom; Prince Edward van Zimbabwe; The Warriors; die Anker; Delmas; Rustenburg A en -B; Ferrum; Volkskool Heidelberg; Newcastle; Weston; Vryheid Hoër; Garsfontein; Waterkloof en Maritzburg College.
Twintig top spanne neem deel en daar sal nie ‘n tekort aan rugbytalent wees nie. 

Leanie May en David Fourie tree die Vrydagaand op. Die ingang vir beide dae is gratis. Pionier hoop om u daar te sien!

Tennis: Pionier speel Vrydag tennis teen Hoërskool Ferrum. Ongelukkig verloor Pionier 4-6.

Ringbal: Baie geluk aan Juanwinn Warden; Johnny Blaauw en Francois de Preez, wat tot SA-ringbalspanne verkies is. Juanwinn is opgeneem in die o/17 B span. Johnny speel vir die o/15 A-span en Francois vir die o/15 B-span.

Swem: Jaco Schutte neem die afgelope naweek aan die Suid-Afrikaanse Senior Kortbad-kampioenskappe deel. 
Graag deel ons die volgende uitslae: in die 50m vryslag behaal hy ‘n tweedeplek, in die 50m rugslag swem hy ‘n silwer medalje los en in die 50m vlinderslag bring Jaco die goue medalje huis toe. Baie geluk, Jaco!

Footloose produksie: Pionier is baie opgewonde oor die Footloose produksie wat 19-21 Augustus op die planke gebring word. 
Kaartjies is by die skoolkantoor beskikbaar teen R30 vir volwassenes en R20 vir skoliere. Die gala-aand van 21 Augustus beloop R100 per persoon en sluit ‘n ete in.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button