Nuwe Republiek Skool – Koor lewer pragtige vertoning

VERLEDE Donderdagaand het die Noord-KZN Jeugkoor in die Michaelis-kerk opgetree. Tydens hierdie geleentheid het NRS se koor ook ‘n pragtige vertoning gelewer. Baie geluk aan die koor, die koorleidster, mev R Grobler, en die begeleidster, mev I van der Walt, met die puik optrede. Wintersport teen Piet Retief: Verlede Donderdag, 29 Mei, het NRS vir …

VERLEDE Donderdagaand het die Noord-KZN Jeugkoor in die Michaelis-kerk opgetree.
Tydens hierdie geleentheid het NRS se koor ook ‘n pragtige vertoning gelewer. Baie geluk aan die koor, die koorleidster, mev R Grobler, en die begeleidster, mev I van der Walt, met die puik optrede.

Wintersport teen Piet Retief: Verlede Donderdag, 29 Mei, het NRS vir Laerskool Piet Retief op ons tuisvelde ontvang.
Dit was ‘n lieflike, sonnige dag wat deur aanskoulike spel gekenmerk is.
Al het ons spanne teen stywe kompetisie te staan gekom, het NRS met groot geesdrif en goeie sportmanskap deelgeneem.

Die uitslae is as volg (NRS telling eerste):
Netbal: o/9 7-9; o/10 2-14; o/11 2-16; o/12 5-11; tweede span 3-13 en die eerste span 14-22.

Hokkie: o/10 0-1; tweede span 0-4 en die eerste span 0-5.

Rugby: o/9 0-30; o/10 10-28; o/11 10-38; derde span 5-20; tweede span 17-0 en die eerste span 17-12.

Belangrike datums:
Saterdag, 7 Junie: Sport teen Lucas Meyer (weg)
Dinsdag, 10 Junie: Eksamen begin

Exit mobile version