NewsSchool sportSchoolsSport

Lucas Meyer Primêre Skool – Leerlinge kwalifiseer vir provinsiale spanne

OP Vrydag, 30 Mei het alle leerlinge van graad R tot graad 7 in die NG Suid-Oos Gemeente bymekaar gekom vir ‘n Hemelvaartdiens. Ds. Jacques Hattingh van die Afrikaanse Baptiste Kerk het op treffende wyse die belangrikheid van Hemelvaart uitgelig vir gelowiges. Baie dankie aan die NG Suid-Oos Gemeente wat altyd bereid is om ons …

OP Vrydag, 30 Mei het alle leerlinge van graad R tot graad 7 in die NG Suid-Oos Gemeente bymekaar gekom vir ‘n Hemelvaartdiens.
Ds. Jacques Hattingh van die Afrikaanse Baptiste Kerk het op treffende wyse die belangrikheid van Hemelvaart uitgelig vir gelowiges. Baie dankie aan die NG Suid-Oos Gemeente wat altyd bereid is om ons skool te akkommodeer.
Provinsiale hokkie- en rugbyspelers: Ons is baie trots op die volgende spelers wat gekwalifiseer het vir die volgende spanne: KZN Binnelande Hokkie o/13B: Nosihle Xaba en Nicea Strydom en o/13C: Berné van Heerden. KZN Rugby o/13A: JJ Foord en o/13B: SW Craig. Baie geluk aan hierdie leerlinge en hul ouers.
Wintersport: Op Saterdag, 31 Mei het al ons spanne na Huttenpark te Newcastle gereis vir ons voorlaaste sportbepaling.
Die uitslae: Hokkie: o/7B verloor 0-2; o/7A wen 8-0; o/8A verloor 1-4; o/9A wen 3-1; o/10A wen 1-0; derde gelykop 0-0; tweede wen 2-0 en eerste wen 3-1. Netbal: o/7A verloor 1-7; o/8A verloor 2-6; o/9A verloor 2-6; o/10B verloor 0-8; o/10A verloor 4-8; o/11A wen 8-7; vierde verloor 2-9; derde verloor 0-10; tweede wen 7-5 en eerste verloor 5-13.
Rugby: o/7B wen 7-1; o/7A wen 3-2; o/8B verloor 0-13; o/8A verloor 0-7; o/9A gelykop 5-5; o/10A wen 14-0; o/11A wen 10-5; tweede verloor 5-13 en eerste verloor 5-7.
Baie dankie aan personeel en ouers vir betrokkenheid en ondersteuning.
Graad 2 praktiese leersessie: Op Vrydag, 30 Mei, het ons graad 2 leerlinge baie unieke praktiese kennis opgedoen.
Mev Elmie Davel het die skool besoek met ‘n paar ganse en ‘n praktiese demonstrasie gegee hoe die vere van ganse gepluk word.
Hulle was baie verbaas om die verekussings en matrassies te sien wat gevul is met gansvere.
Baie dankie aan Mev Davel vir haar moeite om op so ‘n besondere wyse by die leerproses betrokke te wees.
LMS Kalender:
7 Junie – Wintersport teen NRS
Nuwe personeellid verwelkom: Mnr Rudi van Wyk is onlangs deur die beheerliggaam aangestel in die pos van Mev Esbé Strydom.
Mnr van Wyk het op 2 Junie diens aanvaar en ons wil hom hartlik verwelkom by die LMS familie.

Related Articles

Back to top button