Hoërskool Pionier – Skoonskip teen Voortrekker

PIONIER wen al die wedstryde in al drie die sportkodes die afgelope naweek. Hierdie is ‘n puik afsluiting vir die wintersportseisoen. Graag maak ons die volgende uitslae bekend: Rugby: o/14A 14-7; o/14B 56-5; o/15A 46-0; o/16A 68-3; o/16B 49-10; die tweedespan 45-10 en die Liberty eerstespan wen met ‘n wegholtelling van 71-0. Hokkie: o/14A 3-0; …

PIONIER wen al die wedstryde in al drie die sportkodes die afgelope naweek.
Hierdie is ‘n puik afsluiting vir die wintersportseisoen.
Graag maak ons die volgende uitslae bekend:

Rugby: o/14A 14-7; o/14B 56-5; o/15A 46-0; o/16A 68-3; o/16B 49-10; die tweedespan 45-10 en die Liberty eerstespan wen met ‘n wegholtelling van 71-0.

Hokkie: o/14A 3-0; o/15A 7-0; o/16A 2-1; tweedespan 1-1 en eerstespan 0-0.

Netbal: o/14A 26-0; o/15A 11-10; o/16A 8-2; tweedespan 17-11 en die eerstespan 27-21.

KZN spaninsluiting: Christiaan Swanepoel; Clifferd Jacobs; Jahanthé Smuts en Carla Combrinck word onderskeidelik in Natal Plattelande rugby-en hokkiespanne ingesluit.
Baie sterkte met die toere wat die komende vakansie plaasvind.

Swem: Jaco Schutte word opgeneem in die voorbereidingspan vir die 2016 Paralimpiese Olimpiese Spele. Baie geluk, Jaco, ons hou jou dop!

Ruitersport: Geluk aan Annika Liebenberg wat tydens die derde SA-kwalifiserende rondte ‘n tweedeplek, derdeplek en twee vierdeplekke in die onderskeie ruiterklasse behaal het.

Skyfskiet: Tien skuts neem die naweek aan die posliga te Ferrum deel. Pionier behaal twee eersteplekke, drie tweedeplekke en twee derdeplekke. Louise Martens en Pieter Claassen wen beide pryse vir die beste skuts in hul ouderdomsgroepe.

Vriendskaplike wintersport teen St. Dominic’s:

Hokkie: o/16A wen 4-0; die eerstespan dogters verloor 0-3 en die eerstespan seuns verloor 0-2.

Netbal: o/14A wen 18-3 teen hul o/15A-span; o16A wen 21-0; die tweedespan wen 22-5 teen hul eerstespan.

Rugby: Die derdespan rugby speel ‘n vriendskaplike wedstryd teen Tugela en verloor ongelukkig 24-12 teen hul eerstespan.

Ringbal: 28 leerlinge word verkies vir KZN Ringbal. Baie geluk!

Exit mobile version