Latest NewsNewsSchool sportSchoolsSport

Wenners in wintersport

KZN NETBALPROEWE: Die volgende dogters het op Vrydag, 16 Mei na Durban gereis waar hulle as deel van die onderskeie Zoeloeland spanne aan die KZN proewe deelgeneem het: o/12: Jané Petersen; Melandri Blaauw; Melissa Hibbert; Natasha Lombard en Azaria Noëth. o/13: Zurike Marais; Jana Schoeman; Lésa Swanepoel; Desiré Gouws; Caitlin Langner en Renethia van der …

KZN NETBALPROEWE: Die volgende dogters het op Vrydag, 16 Mei na Durban gereis waar hulle as deel van die onderskeie Zoeloeland spanne aan die KZN proewe deelgeneem het: o/12: Jané Petersen; Melandri Blaauw; Melissa Hibbert; Natasha Lombard en Azaria Noëth. o/13: Zurike Marais; Jana Schoeman; Lésa Swanepoel; Desiré Gouws; Caitlin Langner en Renethia van der Merwe. o/14: Geoanie Schwartz.
Baie geluk aan Geoanie Schwartz wat in die KZN 0/14 opgeneem is.
Deelname aan hokkietoernooi: Op Maandag, 12 Mei het ons eerste en tweede hokkiespanne na Newcastle gereis vir deelname aan St Dominiques se hokkietoernooi. Beide spanne speel puik hokkie en wen al hul wedstryde. Uitslae: Tweede span: Drakensberg 1-0; Arborpark 2-0 en St Dominiques 3-0. Eerste span: Arborpark 2-0; Newcastle 3-0 and Egerton 2-0.
Ander sportuitslae van die afgelope week: Op Woensdag, 14 Mei, is ons spanne na Pongola.
Rugby: o/10A wen 44-10; o/11A wen 15-12; tweede verloor 12-15 teen Pongola eerste span. Hokkie: Eerste wen 13-0. Netbal: o/10A verloor 1-6; o/11A verloor 5-11; derde gelyk 8-8; tweede wen 16-7; eerste wen 10-7. Op Saterdag, 17 Mei ontvang ons Piet Retief Laerskool. Rugby: o/9A verloor 5-33; o/10A gelyk 5-5; o/11A verloor 5-21; derde verloor 7-12; tweede wen 12-0 en eerste gelyk 24-24. Hokkie: o/10A verloor 0-1; derde wen 3-0; tweede wen 1-0 en eerste wen 7-1. Netbal: o/9A verloor 2-4; o/10B verloor 0-6; o/10A verloor 0-8; o/11A verloor 4-8; vierde verloor 4-5 en derde verloor 5-8.
Ons junior spanne het na Utrecht gereis vir deelname aan Utrecht se mini-toernooi. Ons juniors doen sodoende weereens goeie ondervinding op en gee ook goeie rekenskap.
Baie dankie aan ons personeel en ouers vir hul insette, betrokkenheid en ondersteuning.

LMS Kalender
22, 23 en 24 Mei – KZN Rugbyproewe (Pietermaritzburg)
24 Mei – Monument Wintersport

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button