Latest NewsNewsSchools

Hoërskool Pionier: Euné Bosch eerste in land gekeur

PIONIER ontvang die volgende inligting in verband met die FSA Jeug-uitruilskema na Duitsland. Euné Bosch word eerste in die land gekeur en dus eerste in die provinsie geplaas; Jana Grobbelaar word sesde in die land en tweede in die provinsie gekeur en Keeza Kriel word nasionaal 23ste gekeur en vyfde provinsiaal geplaas. Baie geluk met …

PIONIER ontvang die volgende inligting in verband met die FSA Jeug-uitruilskema na Duitsland.
Euné Bosch word eerste in die land gekeur en dus eerste in die provinsie geplaas; Jana Grobbelaar word sesde in die land en tweede in die provinsie gekeur en Keeza Kriel word nasionaal 23ste gekeur en vyfde provinsiaal geplaas.
Baie geluk met hierdie puik prestasies, dogters. Ons weet julle goeie ambassadeurs van Pionier en die land in Duitsland gaan wees.
Netbal: Baie geluk aan die volgende netbalspelers wat tot die KZN-netbalspanne verkies is: Leandri Harmse; Lisa-Marie Mentz; Jessica Taylor; Heidi Steffen; Ashley Reimers; Emminé Mostert; Jané Claassen; Naomi Müller en Simoné Bornman.
Dit is met trots dat ons hierdie nege KZN-spelers gelukwens. Hulle neem nou aan twee oefenkampe deel en daarna aan die SA-netbaltoernooi gedurende die Julie skoolvakansie.
Varswaterhengel: Emminé Mostert; Llewllyn Schwab en Tertius Joubert ontvang Natalkleure vir varswaterhengel. Baie geluk en sterkte met die kompetisies wat voorlê.
Hokkie: ‘n Groot klomp o/14’s word tot die Vryheid distriktespan vir hokkie verkies. Hierdie span neem Junie aan die interdistrikte kampioenskappe te Pietermaritzburg deel.
Hokkie teen Pongola: Donderdag, 15 Mei, speel die o/16- en die eerstespan dogters vriendskaplike hokkiewedstryde teen Pongola. Die o/16’s wen 3-0 en die eerstespan verloor ongelukkig 0-3.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button